STILBLY IS NIE 'N OPSIE NIE!!






"I Shoudn't be here BUT GOD step in and changed my storie"

 Hoeveel gaan verlore omdat ons stilbly... ??
Omdat ék stilbly!!

Elke persoon met wie ons skouer skuur elke dag is 'n geleentheid om te kan getuig, maar dis teenoor my geliefdes wat ek die grootste verantwoordelikheid het, my man, my kinders, my ouers, my beste vriendinne...maae ook die res.

Johannes die doper is gestuur om te GETUIG

"Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. Hy het gekom om te GETUIG; hy moes GETUIG van die lig, SODAT almal deur hom tot geloof kon kom. Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig GETUIG."
JOHANNES 1:6‭-‬8 AFR83

Wat is die eerste ding wat die Samaritaanse vrou doen nadat Sy Jesus ontmoet het, sy GAAN VERTEL vir háár mense.
Wat die hart van vol is loop die mond van oor.

Op grond van die Samaritaanse vrou se GETUIENIS het baie tot geloof gekom

Sy het net haar eie storie vertel, háár ervaring met Jesus

 "En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het."
JOHANNES 4:39 AFR53

Ook Andreas gaan dadelik en vertel eers sy eie broer, sy eie mense maar later sou hulle nie net hul eie volk van Jesus vertel nie maar selfs die heidene.

"Andreas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Jesus gevolg het. Daarna het hy eers sy broer Simon GAAN SOEK en vir hom gesê(VERTEL)“Ons het die Messias gekry!”
 Messias beteken Christus.  Hy het hom na Jesus toe gebring
Jesus het stip na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon seun van Johannes; jy sal Sefas genoem word.” Sefas beteken dieselfde as Petrus. 
JOHANNES 1:40‭-‬42‭ AFR83

Andreas vertel nie toevallig vir sy broer nie, nee hy gaan aspris eerste na sy eie broer, doen moeite om hom te kry deur hom te soek, vertel hom dan wat hy self gesien en gehoor het, maar los hom nie dan net daar nie, hy bring hom na Jesus.

Filippus loop Nataniel raak en sy mond loop oor.

"Filippus kry toe vir Natanael en sê(vertel) vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.”
JOHANNES 1:45 AFR83

Weereens VERTEL ook hý wat hy self gesien en ondervind het.

Ek dink nie ons besef altyd hoe groot skat ons in ons het nie. Ons eie persoonlike getuienis dra ongelooflike krag en kan ander aanraak en na Jesus bring.

Wat is jou storie, wat het jy om te gaan vertel?

Hoekom bly ons stil?
Want Satan snoer ons die mond met leuens en valse waarhede.

Klink hierdie bekend?
Mens loop nie met die Bybel onder die arm rond nie.
Mense wat heeltyd van die Here praat dweep, ek wil tog nie hê mense moet dit van my dink nie.
Geloof is 'n persoonlike private saak.
Respekteer ander se sieninge.
Ek is te skaam, wat sal die mense van my dink?
Ek kan nie hier en nou nie, die geleentheid is nie reg.
Hulle sal tog nie luister.
Ek is nie goed genoeg nie.
(Dit het te lank my gekeer om te getuig)

Hy verwoes ook verhoudinge sodat ons nie die vrymoedigheid het om met ons geliefdes te kan praat nie. Konflik,russie, onvergewinsgesindhede en haat weerhou ons van die kans om ons geliefdes na Jesus te lei.

Sou jy nie wou hê iemand moet jou skud tot jy luister as hulle met kennis sit wat jou van die ewige dood kon red nie of sou jy eerder wou hê hulle moes jou sieninge respekteer?
 Ek sou verkies dat hulle my sou skut deur  my met die Waarheid lief te hê.

Van die ryk man in Laserus se verhaal se eerste goed wat hy wou doen was om sy broers te gaan vertel het, maar dit was vir hom vir ewig te laat.
"Toe sê hy: ‘Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie."
LUKAS 16:27‭-‬28 AFR83

Hy smeek, stuur tog iemand. Die Here stuur ons maar ons bly stil...

Het ons ander lief genoeg om te wil keer dat hulle in hierdie plek van pyniging beland?
Jesus se grootste opdrag is juis om God lief te hê en ons naaste!!

Liefde is 'n doen woord. Dis om ander se voordeel te soek, ander se redding te soek, hul te gaan vertel.

Dink jy, jy kan nie getuig want jy is dit nie werd, jou sonde was te groot. Jesus kies hier 'n sondige vrou om te gaan vertel. Hy kies Paulus wat Sy kinders vervolg het. Hoe groter die sonde was hoe groter is die dankbaarheid wat daarmee saamgaan as so iemand gered word.
"Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.”  En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.”
LUKAS 7:47‭-‬48 AFR83

Jesus wil ook vir my en jou gebruik om te gaan GETUIG....te gaan VERTEL!!

Dan sien ons verder hulle wat dan ook gered word is die wat op grond van ander se getuienis SELF GAAN KYK EN HOOR het.

Wanneer hulle dan, as hul agv die getuienis van iemand self gaan kyk het, kom die oortuiging verder deurdat hulle self hoor by Hom persoonlik.
Daardie tyd was dit van aangesig tot aangesig, vandag kom daardie oortuiging deur self tyd by Sy voete deur te bring in die Woord en gebed.

"En baie meer het op grond van sy woord geglo en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is."
JOHANNES 4:41‭-‬42 AFR53

"Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.  Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!  Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit."
JOHANNES 1:49‭-‬51 AFR53

Maar Natánael het nie dadelik gaan kyk nie, hy het eers gehuiwer.

"Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” 
Kom kyk,”
 het Filippus hom geantwoord.  
Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.”
JOHANNES 1:46‭-‬47 AFR83

Dink net, Natánael sou die ewige lewe gemis het as hy nie SELF GAAN KYK HET NIE,al was hy ' n ware Israeliet, godsdienstig, wetsonderhoudend want daar was geen bedrog in hom nie en uit God se volk. 

Goeie mense gaan nie hemel toe nie, geredde mense gaan hemel toe. 

So baie mis die ewige lewe omdat hul op ander se menings staatmaak of hulle probeer dit verdien en gaan nie vir hulself hoor of kyk nie.

Ek het amper...
Ek was valslik gerus.

Ek het by die dood omgedraai met breinvliesontsteking jare terug en het daar in die hospitaal vir die Here gevra om my te vat as my saak met Hom reg is, maar my nog 'n kans te gee as my saak nie reg was met Hom. Die dokters het my man en ouers voorberei op die ergste.

Amper 22 jaar later later loop my ouers weer die dokter raak wat oor my was daardie tyd. Hul vra hom toe of hy my kan onthou waarop hy antwoord dat hy het so baie pasiente oor soveel jare gesien dat hy nooit almal kan onthou nie maar dáárdie groot wonderwerk sal hy nooit vergeet nie en hy vertel toe self verder wat daardie tyd met my gebeur het. Dit het my net weereens laat besef hoe groot wonderwerk ek ontvang het, hoe groot God se genade oor my was en steeds is. Hy is die God van wonders vir wie niks onmoontlik is nie, Hy het ook nog nooit verander nie. Aan Hom al die eer💞🙏🏻

 Wel die feit bly Hy het my nog 'n kans gegee...

Ek wou toe weet hoekom?
 Was my saak dan nie reg met Hom?

Die Here wys my deur my te herinner en deur Sy Woord dat ek verkeerd in Sondagskool geantwoord  is jare terug as kind toe ek meer wou weet van bekering en wat die betekenis was van die vers
  "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My."
DIE OPENBARING 3:20 AFR83

Hulle het vir my gesê dat my ouers is gelowiges, ek is gedoop en het in die kerk grootgeword en daarom is my saak reg met die Here en ek Sy kind.
Hierdie vers was volgens hul verduideliking geskryf aan mense wat iewers gebore is waar hul nog nooit van Jesus gehoor het nie.
Dit het my gevolglik valslik gerus gelaat.

Later was my skok groot toe ek na my siekbed self die vers in die Woord lees en besef dit was aan die gemeente van Laodicea geskryf dus aan gelowiges, ook aan mý in die kerk geskryf, en nie aan ongelowiges nie.
Die Here wys my dat selfs Nicodemus('n kerk leeraar) tot bekering moes kom en wedergeboorte so moes ontvang.

Later het Hy my gewys dat ek soos iemand was wat alles van (die weg Jesus) die "bus" geweet het wat hemel toe gaan en kon selfs ander daarvan vertel en het selfs geglo AAN ( DIE WEG JESUS )"bus" wat Hemel toe gaan, maar ek het nooit IN DIE ENIGSTE WEG JESUS vir myself geglo nie.

 IN beteken ek het nooit Jesus as mý Saligmaker aangeneem en tot wedergeboorte gekom nie. Ek het nie geweet ek moet nie.
EK WAS dus NIE SELF OP DIE BUS NIE!

Ek moes dus eers self by die punt kom om te besef ék is 'n verlore sondaar

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, MAAR sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie IN die enigste Seun van God glo nie."
JOHANNES 3:16‭-‬18 AFR83

Joh 3 :16 het vir my betekenis as persoon gekry toe ek in die hospitaal gelê het en iemand vir my kom bid het. Oppad uit in die gang sê die Here vir hom in sy gedagtes hy moet omdraai en vir my gaan sê Hy is lief vir my.
Hy het dit eers geignoreer as sy eie gedagtes en wou aanstap, maar weer kom dit by hom op. Hy het toe gehoorsaam, omgedraai en vir my dit kom sê. Niemand het geweet ek het vir lank, al hoe meer besef ek is nie net goed nie,  'n groot vraag in my gemoed was hoe kon die Here my liefhê. Ek het besef ek is 'n sondaar en kon nie dink dat Hy my enigsins lief wou hê nie. Dus was hierdie vir my ongelooflik persoonlik kosbaar. Hoe kon hierdie vreemde persoon weet dis waarmee ek stoei. Ek het geweet dis die Here.
Later bevestig die Here dit vir my inJohannes 3 en ek besef Hy het die wêreld so lief, dus ook vir mý, onverdiend toe ons nog sondaars was.

 Sy liefde is onverklaarbaar maar ewig oor wie Hy is en nie oor wie ek is nie. Hy het my so lief dat Hy in my plek kom sterf het sodat ek nie verlore sou gaan nie.
________________________________________________________________________________

God kyk toe nie al die tyd hoe Hy my uit die hemel kan hou deur boek te hou van al my sonde soos ek lank geglo het nie, nee Hy het alles gedoen om my in die hemel te kry,  Hy het selfs Sy Seun gestuur....
(En boonop vir my persoonlik nog 'n kans gegee.)
_________________________________________________________________________________



Wow Awesome God, good, good Father!!!

Genade op genade!!
God het deur Jesus al daardie opgeskryfde sonde aan die kruis vasgespyker en het Hý reeds daarvoor betaal.



DIe feit is daar is net een weg, God se weg.

Ons kan dit nie verdien nie, ons kan net tot sonde besef kom en so besef ons het 'n Verlosser nodig. Dan eers verstaan jy hoekom Jesus moes kom, hoekom God Sy enigste Seun moes stuur. Dan eers besef jy daar is geen ander manier/ weg "bus" om in die hemel te kom nie.
Slegs deur WEDERGEBOORTE wat God aan 'n berouvolle sondaar skenk uit GENADE.
 Dan besef jy eers Sy liefde ook vir jóú, hoewel onverdiend.

Dan verander jou hele lewe en moet jy Hom nie meer gehoorsaam nie, maar dan wil jy Hom gehoorsaam, dien en liefhê.

Dis nie meer gehoorsaamheid om gered te word nie, maar agv redding, oor wie Hy is en nie oor wat jy by Hom kan kry nie. Nie meer "fan" nie maar nou "follower"

Nodeloos om te sê ek was hoogs ontstel toe ek besef ek is verkeerd geantwoord. Ek kon dood gewees het en sonder Jesus gewees het. Seker die mees ontstellende besef vir enige iemand wat nog altyd kerk toe gegaan het en geglo het aan die weg van saligheid, AAN Jesus.
Ek het egter nie besef ek moet nie net AAN Hom glo nie, ek moet IN Hom glo ook vir myself.
Die Duiwel glo ook AAN Jesus as die Seun van God maar kan nie IN Hom glo tot redding.

Ek moes besef ook ek is 'n verlore sondaar wat Sy redding nodig het, nie net mense wat nog nooit van Hom gehoor het nie. Ons kan duisende preke oor Hom hoor, maar net as ék daarop reageer, mý sonde besef en bely kan ek uit genade gered word en wedergeboorte ontvang. Die Here gee dit nie oor jy die regte goed sê nie, maar Hy gee wedergebdoorte aan 'n opreg berouvolle hart wat in Sy Seun glo as hul Verlosser.

Ek het in my ontsteltenis na die Here uitgeroep en gesê Here hoe kon hul my so verkeerd geantwoord het, ek was amper dood sonder U.

En op daardie oomblik toe sê die Here vir my in my hart:
" Het jy 'n Bybel gehad?"
 Ja Here...
"NOU HOEKOM HET JY NIE SELF GAAN LEES NIE"
dus self by Jesus, die Woord se voete gaan sit en self gehoor en vir myself gaan kyk nie.

Onmiddelik het ek hulle vergewe want ek was meer skuldig as hulle.

So baie word deur Satan weggehou van die waarheid en redding omdat hulle nie vir hulself gaan kyk en hoor nie.
 Baie word deur Hom valslik gerus gehou selfs in die kerk.
_________________________________________________________________________________
Baie glo dogma omdat hulle daarmee groot geword het en dog ma dis reg.
Nie alle dogma is natuurlik verkeerd nie, maar gaan kyk vir jouself!!

Waar en hoe vra jy?

By Jesus Homself, spandeer tyd biddend met Sy Woord.
_________________________________________________________________________________

Hy is so getrou, Hy sal dit op verkeie maniere aan jou openbaar.

Ek het my gehoor heeltemal aan my regterkant verloor na die breinvliesontsteking.
Een dag lank daarna sê die Here vir my :
"Jy moes doof word sodat jy kon hoor."
Ook soos met daardie man wat vir my kom bid het in die hospitaal ignoreer ek dit eers as my eie gedagtes heel uit die veld geslaan oor waar ek aan die gedagtes kom. Weer herhaal die Here dit en die keer weet ek skielik net dat ek weet dis die Here wat met my praat. Ek dink toe dadelik ek was seker so ongehoorsaam dat die Here my daardeur wou straf, maar die Here herinner my liefdevol hoe ek jare lank al soekend was maar eers toe ek fissies nie kon hoor in ons kerk se moederskamer ek een aand na 'n preek elders gaan luister het omdat ek daar beter kon hoor. Daardie aand het die Here vir my Woord gegee oor wedergeboorte. So eers toe ek fissies nie meer goed kon hoor nie het  die Here my op 'n plek kon bring waar ek kon hoor....

Dis nie altyd maklik om te gaan vertel nie, nie almal glo jou nie, nie almal wil dit hoor nie.

Maar wat as ek sou stilbly...?
  Nie GETUIG daar waar God my geplaas het nie?

Dan sal die klippe dit uitroep want God die Vader wil nie hê dat iemand verlore sal gaan nie.

Die Here lê dit die laaste tyd op my hart om te GAAN VERTEL en Hom daarvoor te loof en prys vir soveel genade. Genade wat deurgespoel het na my hele gesin. Elkeen sou later hul eie verhaal hê van genade en redding.

"Toe Hy naderkom, reeds op die afdraand van die Olyfberg, het die groot skare dissipels God uit volle bors begin loof en prys oor al die kragtige dade wat hulle GESIEN het. Hulle het gesing: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning! Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!” 
(HULLE KON DUS NIE STILBLY NIE)
Sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Jesus gesê: “Leermeester, bestraf jou dissipels!”
(VYAND PROBEER HUL STIL MAAK)
 Jesus het gereageer:
 “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”
LUKAS 19:37‭-‬40 NLV

As jou hart vol is sal jy nie kan stilbly nie.
Dit sal in jou opborrel en oorloop na ander.

"Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”
JOHANNES 4:13‭-‬14 AFR83

Dis presies wat hierdie Samaritaanse vrou gedoen het toe sy van hierdie lewende water ontvang het, sy het gaan oorborrel.

"because if you acknowledge and confess with your mouth that Jesus is Lord [recognizing His power, authority, and majesty as God], and believe in your heart that God raised Him from the dead, you will be saved. For with the heart a person believes [in Christ as Savior] resulting in his justification [that is, being made righteous—being freed of the guilt of sin and made acceptable to God]; and with the mouth he acknowledges and confesses [his faith openly], resulting in and confirming [his] salvation. For the Scripture says, “Who ever believes in Him [who ever adheres to, trusts in, and relies on Him] will not be disappointed [in his expectations].”
Romans 10:9‭-‬11 AMP

So as iemand op jou tone trap met die Woord, weet dis nie omdat hulle jou te na wil kom nie, maar omdat hulle jou te lief het om stil te bly.

So asb trap my tone blou, maar moet my asb nie met die leuen gerus stel nie.

STILBLY IS NIE 'N OPSIE NIE!!

"WANT elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele."
LUKAS 9:26 AFR53


"Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. 
U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.  
Daarom sal ek sing tot u eer; 
ek sal nie stilbly nie. 
Here my God, vir altyd sal ek U loof!"
PSALMS 30:12‭-‬13 AFR83




Casting Crown
Love them with the truth

For the longest time, I believed the lie
That I'm not a strong enough believer
To be the friend that can take your hand
And lead you straight to Jesus
I'm waiting on the preachers, singers, and the teachers
To string the perfect words together
But every single time I have to say goodbye
I wonder will this be the last time
I can't call myself your friend and walk away
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointing my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh)
Gonna love you with the truth (Oh)
Yes, God is love, but God is just
And we are separated in our darkness
So God let Him who knew no sin
To become sin to make us right with Him
It's not about religion or earning God's forgiveness
Or magic prayers or new behaviour
It's all about your heart, He'll meet you where you are
Turn from your sin and trust in Christ as Lord
Jesus is the truth, the life, the way
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointing my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh)
Gonna love you with the truth (Oh)
How I've prayed for this moment, that you would finally see
That God is more than religion, a stained-glass fantasy
And how I've prayed for the courage, for my silent faith to speak
Or that God would just send you a better friend than me
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointing my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh)
Gonna love you with the truth (Oh)
Oh
Oh

Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”