Pasop vir die onkruid saam met die seën




Ons moet hoor wat ons moet hoor
 en nie net wat ons wil hoor nie,
 en dit dan nie net hoor nie,
 maar gaan doen, toepas in ons eie lewe.

Daar is soveel mooi boodskappies wat mense rondstuur
maar Pasop vir die onkruid saam met die seën

Ons is so geneig om vir mekaar mooi boodskappies en versies te stuur wat opsigself nie verkeerd is nie, MAAR ongelukkig is meeste van daardie versies net dit wat mense graag wíl hoor en daarom haal hul dit so maklik aan. Ons hoor nooit die vermanende verse waarmee God ons wil terugroep op Sy pad sou ons afgedraai het nie.

"Rather hurt me with the Truth than comfort met with a lie"

"Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer.  Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”  Dan sal jy besef dat jou AFGODE, jou beelde wat jy met silwer en goud oorgetrek het, onrein goed is, en jy sal hulle weggooi soos 'n mens 'n smerige lap weggooi; jy sal sê: “Weg met hulle!”
JESAJA 30:20‭-‬22 AFR83

As ek nie tyd maak met Sy hele Woord en gebed nie, hoe sal Hy my kan leer en hoe sal ek die Waarheid hoor.

Die Duiwel het ook skrif aangehaal in die Bybel, gewoonlik uit konteks en dit was altyd om mense te mislei en weg te lei van die regte pad.
Hy gebruik dan ook mooi versies om ons valslik gerus te maak, MAAR as ons die Bybel as geheel lees kan die Heilige Gees ons in die volle waarheid lei. 

Pasop die Woord sê:

"want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend."
2 TIMOTEUS 4:3‭-‬4 AFR83

"Want dit is ’n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die Here NIE WIL HOOR NIE;  wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;  wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!"
JESAJA 30:9‭-‬11 AFR53

Die nuwe lewende vertaling stel dit so
"Hierdie mense is koppige rebelle wat weier om hulle te steur aan die opdragte van die Here. Hulle sê vir die sieners: “Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!” En vir die profete sê hulle: “Ons wil nie die waarheid hoor nie! Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur. Vertel vir ons leuens! Vergeet van al die slegte dinge! Ons het meer as genoeg gehoor van die ‘Heilige van Israel’. Ons is moeg om te hoor wat Hy kwansuis vir ons wil sê!”
JESAJA 30:9‭-‬11 NLV

Die valse profete het juis dit gedoen, vir die mense gesê wat hul wil hoor.

Klink dit bekend in ons lewe hier en nou?

Pasop vir die onkruid saam met die seën!!!

Oor mooi boodskappies, selfs die wat nie skrif is nie, toets dit altyd aan God se Woord voordat jy dit jou eie maak. Pasop Satan kan leuens en halwe waarhede in jou denke plaas.

As jy 'n vers raaklees op sosiale media wat jou tref, gaan lees die hele hoofstuk en hoor alles wat God daarmee wou sê nie net die gedeelte wat menige oor pas nie.

Een so vers wat so verkeerdelik gebruik word is

"Beproef alle dinge; behou die goeie."
I THESSALONICENSE 5:21 AFR53

As jy net dié vers sou lees kan dit die verkeerde indruk laat dat ek als kan gaan probeer solank ek dan net die goeie behou.
Maar as ek die verse vooraf daarmee saam lees dan sien ons dat dit sê dat ons alles wat ons hoor nie net dadelik moet aanneem ÓF weggooi nie maar moet gaan toets volgens die waarheid van die Woord en die goeie moet behou en die verkeerde weggooi.
As jy alles dadelik weggooi kan jy die goeie en die seën daarmee saam ook weggooi.

"Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieë geringskat nie, MAAR toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.  Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!"
1 TESSALONISENSE 5:19‭-‬23 AFR83

Moenie 'n fout maak nie sosiale media kan' n kragtige instrument wees om die evangelie te versprei, maar as jy nie self ook die Skrif gaan ondersoek om te sien of wat daar staan die waarheid is nie, kan dit wat halwe waarhede is en dus net 'n skyn van die waarheid bevat menig mislei en valslik gerus laat.

"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet."
HOSÉA 4:6 AFR53

Mense deel graag die "mooi" verse, maar dis ongelukkig nie al wat in die Woord staan nie.
Die "vermanende" verse is netso belangrik want dit roep die verlore sondaar weg van sy verkeerde pad, en die kind van God terug na die regte pad.

God is goed en Hy is liefdevol, maar juis daaroor is Hy regverdig ook.
Hy weet as ons nooit vermaan word nie ons ver van Hom kan opeindig.

"want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun."
SPREUKE 3:12 AFR83

"Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is."
SPREUKE 13:24 AFR83

Baie oulike boodskappies kan ook so reg en mooi klink maar is so ver van God se waarheid.

Een so boodskap wat mens gereeld raaklees is dat as jy net na die Here toe kom sal alles met jou goed gaan terwyl dit nie waar is nie. Die hele Bybel is vol verhale van God se kinders wat deur baie beproewings gaan.
Hul verhouding met Hom vrywaar hul nie van lyding nie, maar dit verseker hul wel van Sy teenwoordigheid ten spyte van dit waar deur hul moet gaan.
As iemand dus egter die eerste glo sal sy geloof erg skade lei en self tot niet gaan sodra allerlei beproewings hom tref. So 'n geloof is ook nie eg nie, want dit gaan nie oor God nie maar oor die self en wat ek daaruit kan kry.
Die waarheid van so iemand is tipies
 "when the going gets tough, the tough gets going". 

Dit laat ons met "fans" en nie "followers" nie.
'n "Follower" neem sy kruis op en volg Jesus.

 Nog 'n voorbeeld is dat die Here nie meer in jou mandjie sal sit as wat jy nie sal kan hanteer nie, Hy weet waarvoor jy krag het. So sal mense ook mekaar bemoedig met die woorde dat die Here gee Sy ergste gevegte vir Sy sterkste soldate.
So plaas die vyand die fokus op jouself en jóú vermoë en kan dit jou bang en onseker maak of jou selfvoldaan en arogant maak.
Dit is die grootste leuen.
Geen mens is sterk genoeg om erge lyding te kan hanteer nie, al wat jou wel daardeur dra is Sy teenwoordigheid en Sý krag.
Nie jou eie!!
Vra maar enige kind van God wat al deur rowwe goed is of dit hulle krag en vermoë was?

Nog een wat ons ook gereeld lees is dat jy nou vir 'n slag aan jouself moet dink en doen wat vir jóú goed en reg is., dis vir 'n slag jou beurt.
Klink reg né?
Verkeerd, die Woord sê
"Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n."
FILIPPENSE 2:3‭-‬4 AFR53
________________________________________________________________________________
Die waarheid is dit gaan nie oor mý nie, dit gaan eerstens oor God ons Vader, ek moet Hom eerste stel en tweedens gaan dit oor ons naaste.

Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”  
Jesus antwoord hom: 
“ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. 
En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 
‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’  
In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.
MATTEUS 22:36‭-‬40 AFR83
________________________________________________________________________________

Maar wat dan van mý sal ons hier wil vra? 
Hierdie hierbo in Matt 22 is wat die Here van mý vra om te doen. Ek moet Sy koningkryk en ander se belange eerste stel.
 Hy sal omsien na my en mý belange ek hoef dit nie self te doen nie.
As ek weet Hy doen hoekom sal ek dan vir myself en my eie belange wil stry.
In Sy hande is ek mos BAIE beter af.
Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
MATTEUS 6:31‭-‬33 AFR83

Nog 'n gevaar is om wel kosbare Woord te lees op sosiale media, dagstukkies en selfs in my stiltetyd en dit net aan te hoor, maar nie te doen nie.


"As julle My liefhet, bewaar my gebooie....
(v21) Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar."
JOHANNES 14:15‭, ‬21 AFR53

 Die Here sê vir my as ek Sy Woord liefhet sal ek daar volgens wandel en dit sal vir die wêreld wys dat ek Hom liefhet.

Dit is nie gehoorsaam tot redding nie,
maar agv redding en my liefde vir Hom.

Doen die Woord...dra vrug moet dit nie net aanhoor nie, dis waardeloos as ons nie daardie versies ter harte neem en dit doen nie. 

Deur Sy opdragte uit te voer (gehoorsaam te wees daaraan) is hoe ons in Hom die ware wingerd stok bly, hoe ons warm bly en nie lou word.

" Julle is my vriende as julle DOEN wat Ek julle beveel."
JOHANNES 15:14 AFR83

Sy Woord moet in ons bly...bepeins dit elke dag

Ons word soms gesnoei om meer vrug te dra maar bly in die Wingerdstok
Iemand het eenkeer gesê:
"A persons caracter is shown by their actions
and not where they sit in Church Sundays"

Dit wat die Here op hierdie oomblik vir my gee of tot hier al gegee het deur die prediking wat ek gehoor het elke sondag, kosbare Christelike boeke wat ek gelees het, sosiale media, radio, tv of hoe ookal en wat op die waarheid van Sy Woord rus gaan niks vir my beteken in die storm as ek dit net aanhoor en nie doen nie.
Skryf dit vir jou neer (die vyand wil dit kom steel uit jou gedagtes), maak dit jou eie, pas dit toe op jou eie lewe, moet dit nie net aanhoor of uitdeel omdat dit so mooi en waar is nie.

Is mý huis op die Rots?

"Elkeen dan wat na hierdie woorde van My LUISTER en dit DOEN, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots
En elkeen wat na hierdie woorde van My LUISTER en dit NIE DOEN NIE, sal vergelyk word met ’n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot."
MATTHÉÜS 7:24‭-‬27 AFR53

As ek Skrif soos Psalm 91 aanhaal wat so kosbaar is in tye van nood moet ek seker maak ek lees die hele Psalm ook die begin.

"HE WHO DWELLS in the shelter of the Most High Will remain secure and rest in the shadow of the Almighty [whose power no enemy can withstand].  I will say of the Lord , “He is my refuge and my fortress, My God, in whom I trust [with great confidence, and on whom I rely]!”
Psalms 91:1‭-‬2 AMP
"HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.  Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou."
PSALMS 91:1‭-‬2 AFR53

Is ek besig om op rots te bou of sand?

 Waar bevind ek my?
 Sit ek by Sy voete in hierdie tyd of wil ek net die res van Psalm 91 my eie maak...

" Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ’n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen."
JAKOBUS 1:22‭-‬25 NLV

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”