Posts

Waar tref jou KLIPPE?

Image
Gooi ons Satan se leuen met KLIPPE of God se waarheid? Deur die eeue sien ons hoe God se waarheid met klippe gegooi word. Verseker word die meeste klippe gemik op die Evangelie, die goeie nuus Stefanus word in Handelinge 7 met KLIPPE doodgegooi net nadat hy aan hulle die waarheid verkondig het. Hulle kies om die leuen te glo en probeer die waarheid stil maak. Stefanus vol van die Heilige Gees, dus vol van die Waarheid het in daardie oomblikke die hemel voor hom geopen gesien. " Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners. Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees , het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan." HANDELINGE 7:54‭-‬55 AFR83 Om vol te kan wees van iets beteken jy moes eers heeltemal leeg wees.  "Hy moet meer word, maar ek minder." JOHANNES 3:30 AFR53 Hoe voller ek van Hom is hoe minder is daar plek vir die leuen.  Oor die geskiedenis heen sien ons hoe die...

Onthou julle die Woord van die Here aan my 'n hele ruk gelede?

Image
My man sê altyd mense kan baie wonderwerke en goddelike ingrype wegredeneer, maar hul kan nie God ons Vader se "TIMING" weg redeneer nie. Onthou julle die Woord van die Here so ruk terug aan my? Ek was oppad werk toe en het geluister op die radio na die nuus en hulle het berig oor die binne gevegte in die regering op daardie stadium (Zuma was nog president) en wat dit aan ons land doen. Ek was omgekrap en het gebid, Here menslik gesproke is daar nie hoop vir ons land nie maar ek weet U het gesê ons moet glo BUT GOD! JA DAAR IS REUSE MAAR DIE HERE KAN!! Ek moet erken daardie oggend was dit moeilik. Die volgende vers kom toe op daardie oomblik in my gedagtes op. "En as ’n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;  en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;" MARKUS 3:24‭-‬25 AFR53 Sjoe het ek gedink, is dit nie presies waarna ek nou sit en luister het nie. Is hierdie Woord van die Here dat Hy dus ons g...

Daai wind van voor is nie vir sussies nie...

Image
  Kry jy die wind van voor?  Ja meestal figguurlik , maar die wind kan in die Kaap so erg waai dat mense letterlik amper nie 'n tree vorentoe kan beweeg nie, hulle kan selfs struikel en val, soms moet hul vir eers gaan skuiling soek of ompad soek waar daar meer skuiling teen die wind is.  Hier lees ons dat hul ook letterlik die wind teen hulle gehad het en sien ons dat die vyand die WIND GEBRUIK om hulle telkemale bang te maak. " EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê:   Laat ons OORVAAR na die ander kant.   (Jesus se wil vir hulle was om OOR te gaan en nie ONDER te gaan nie)  En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.  En ’n groot STORMWIND het opgekom , en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word (die situasie was baie ernstig en uiters gevaarlik waarin hul verkeer het)   Maar Hy was agter op die skuit aan die sla...

Ons is almal in dieselfde boodjie

Image
  Die bootjie op die horison Iemand het eenkeer gesê dat wanneer iemand sterf  is dit soos iemand wat se bootjie vertrek en neem ons die kant afskeid en verdwyn die persoon uit ons sig oor die horison, maar aan die ander kant staan 'n skare gereed om hom of haar te ontvang wanneer hy of sy aan daardie kant van die horison sigbaar word. Dus is dit vir die persoon wat sterf net 'n vertrek hier om oor te gaan na die ander kant. Ons geliefdes is nog daar, maar net nie meer in ons sig nie VREES jy ? 1John4:18 "Perfect love cast out fear" Dit verander alles Ek is seker oor Sy liefde vir my agv sy "commitment" aan die kruis , hy het alles ingesit om my Sy kind te maak. Hy het dus reeds bewys dat Hy lief is vir my aan die kruis. My omstandighede kan nie daaraan verander Hy sê hy werk alles ten goede mee vir hulle wat Hom liefhet,  dus wat ookal oor my pad kom is in Sy hande tot my voordeel. Dit gee vir ons vrede wat alle verstand te bowe gaan . As ons doodgaan is ...