Posts

Praat jy sprinkaan?

Image
Praat jy Sprinkaan? Sprinkaan? Ja Sprinkaan(vrees) LUK6:45 “wat die hart van vol is loop die mond van oor”  Mens kan baie wys word oor iemand deur net te luister hoe en wat hy praat. Hoe Israel hulself gesien het, het hul denke en optrede bepaal….ook hoe hul gepraat het    Saam met Moses die eerste keer op die grens sien hulle hulself as SPRINKANE teen die REUSE in die Beloofde land. "Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê (gepraat): “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. ONS WAS SOOS SPRINKANE IN ONS EIE OË, en so was ons ook in hulle oë.” NUMERI 13:32‭-‬33 AFR83 -  Vanuit hulle denke oor hulself (as Sprinkane)volg hul praat  #Praat ONGELOWIG en VREES (PRAAT SPRINKAAN ) -  En ...

Hoekom vrug dra?

Image
      Ons weet ons moet vrug dra, maar verstaan ons altyd HOE om dit reg te kry of HOEKOM ons moet...? My skoonsus deel met my so kosbare gedagte wat die Here op haar hart gelê het in die verband. ______________________  Sy skryf : "Ek lees vanoggend weer Joh 15, van die ware Wynstok, en vra die Here... hoekom moet ons vrug dra? ...later kom dit by my op.  Ons dra nie vrug om te impress nie, maar om te bless! Ons dra nie vrug sodat ander dit kan sien nie, maar dis ons manier om ander(en God) te dien!" ________________________ My motief hoekom ek vrug dra moet dus nie wees om gesien te word of om self voordeel daaruit te kry nie, maar alleen om Hom te gehoorsaam, te verheerlik en ander te dien. “ Wanneer julle besluit om goeie dinge vir ander mense te doen, moet julle eers seker maak hoekom julle dit doen. Moenie ’n openbare skouspel daarvan maak sodat ander julle kan raaksien nie. As julle op soek is na die applous van ander mense, skul...

Hoop vir daai "Bessembos oomblikke"

Image
" Besembos oomblikke" Ek lees vandag weer oor Elia wat onder 'n besembos gaan lê het en gewens het hy kan doodgaan... Hy was nie ongelowig nie, net doodmoeg, moedeloos en bang... Inteendeel hy was 'n groot gelowige, dié profeet, en dit gee my moed en troos my, selfs hy kry 'n "besembos oomblik"...en God verwyt hom nie, Hy gee om en verstaan. Hy stuur 'n engel om hom in die tyd te versorg en by te staan. Deur sy eie bril het dit vir hom gelyk of daar geen hoop meer vir sy situasie was nie en dat die ergste onafwendbaar was, en om als te kroon het hy geglo hy het alleen oorgebly. "Elia het BANG geword en ter wille van sy lewe GEVLUG. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. Hy self het egter 'n dagreis ver die WOESTYN in gegaan. Daar het hy onder 'n BESEMBOS gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” (moedeloos)...

Die Here stuur 'n "engel"

Image
Die Here stuur 'n "engel" Met my boetie Christo en Sera hulle se seun Armand se ongeluk gister het ons as familie iets kosbaars beleef.  Toe ons in die vroeë oggend ure buite die noodgevalle deure gestaan het, het ' n swart man, hy sou later homself voorstel as Dawid ons genader.  Eers het hy vir almal van sy lekkergoed kom aanbied en trooswoorde gesê. Later het hy weer draai gemaak en gesê ons moet bid. Hy vat toe ons hande en bid die kosbaarste eenvoudige gebed waarin hy Jesus vra om Armand te bewaar en gesond te maak. Toe hy klaar gebid het, het hy gesê.  " We trust God he is gonne be ok"  Dawid was maar heel oggend kort-kort naby en om ons. En toe kom staan hy by ons en sê ons moet saam hom sing en God prys. Hy begin toe "Gumba ya my Lord" klip hard sing.   Dit beteken sou ek later oplees " Come by here my Lord" Dus 'n pleit by die Here. ( ek moet hier bely ek het toegelaat dat my verleentheid, my die geleenthei...

My storie

Image
Ek het baie lank in my lewe gedink God kyk die heeltyd wat ek verkeerd doen om my uit die hemel te hou want soos my seuntjie eendag opgemerk het, ons is nie net goed nie.  Die een trauma na die ander wat ons as gesin beleef het waarvan ek by die dood omgedraai het, en ons God se ingrype en voorsiening beleef het, leer ons Hom egter ken as die God van wonders en meer en meer as Vader wat ons so lief het dat Hy alles in Sy vermoë doen om ons in die hemel te kry, Hy het selfs Sy Seun gestuur.  Dis hoe lief Hy ons het. Ek verstaan nie altyd waarom dinge gebeur nie, maar ek het geleer ek kan Sy hart vertrou.  Ek het amper gesterf sonder Jesus. Na my siekbed wys Jesus my niemand se saak is maar net reg met Hom sonder wedergeboorre nie, al het jy in die kerk grootgeword.  Ek wou nie langer net van Hom weet nie,ek wou Hom nie in 'n Sondag boksie plaas nie. Ek wou Hom elke oomblik dien. Die Here wat ek leer ken het in ons woestyne verdien soveel meer van my.  ...

Veilig in Jesus se arms

Image
Kan jy nie meer vashou nie, gee oor en WORD NET VASGEHOU... As die storms van die lewe net te veel word beaam my hart die woorde van die liedjie van Casting Crowns. " Hold it all together  Everybody needs you strong But life hits you out of nowhere  And barely leaves you holding on r And when you're tired of fighting  Chained by your control  There's freedom in surrender  Lay it down and let it go" Eendag iewers gelees: "FAITH IT TILL YOU MAKE IT." Bly net glo Opkyk nie rondkyk...vashou aan die Here ________________________________________________________________________________ “for every PROBLEM in life there is a PROMISE of God .  If we can learn to build our lifes on the promises of God then we will truly build a life that is UNSHAKEBLE because the promises of God is UNBREAKABLE, therefore our HOPE is UNSHAKEBLE"  - Max Lucado ________________________________________________________________________________ Is ons probleem hoe...

Koningkryk opgaarders

Image
Vir watter koninkryk gaar ons op? "....want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” MATTHÉÜS 6:19‭-‬21 AFR53‬‬‬ Ons vind so verhaal in Haggai waar die volk se fokus was op opgaar vir hulself en hul eie koningkrykie en nie belê het in God sin nie… “So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie .  Toe het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom: Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê? Daarom, so sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur .  Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek.  So sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur. Gaan haal hout in die berg en herbou my huis sodat Ek my eer kan ontvang en ...