Hoekom vrug dra?
Ons weet ons moet vrug dra, maar verstaan ons altyd HOE om dit reg te kry of HOEKOM ons moet...?
My skoonsus deel met my so kosbare gedagte wat die Here op haar hart gelê het in die verband.
______________________
Sy skryf : "Ek lees vanoggend weer Joh 15, van die ware Wynstok, en vra die Here... hoekom moet ons vrug dra? ...later kom dit by my op.
Ons dra nie vrug om te impress nie, maar om te bless!
Ons dra nie vrug sodat ander dit kan sien nie, maar dis ons manier om ander(en God) te dien!"
________________________
My motief hoekom ek vrug dra moet dus nie wees om gesien te word of om self voordeel daaruit te kry nie, maar alleen om Hom te gehoorsaam, te verheerlik en ander te dien.
“Wanneer julle besluit om goeie dinge vir ander mense te doen, moet julle eers seker maak hoekom julle dit doen. Moenie ’n openbare skouspel daarvan maak sodat ander julle kan raaksien nie. As julle op soek is na die applous van ander mense, skuld God julle niks meer nie. Dan het julle klaar julle beloning gekry. “Moenie ’n ophef daarvan maak as jy ’n arm persoon help nie. Net skynheilige mense doen dit. Hulle maak ’n groot bohaai wanneer hulle die armes help sodat almal dit kan raaksien en mooi dinge oor hulle kan sê. Onthou: God skuld hulle nou niks meer nie. Jy moet dit stil-stil doen. JOU LINKERHAND MOET NIE EENS WEET WAT JOU REGTERHAND DOEN NIE. Onthou: jou hemelse Vader sien wat jy vir ander doen. Hy sal wel sorg dat jy jou hemelse beloning kry.”
Matteus 6:1-2, 4 DB
Psalm 1: 1-2 is ons antwoord glo ek hoe om dit reg te kry om vrugte wat God van ons verwag te kan dra...vrugte nie tot redding nie, maar agv redding, vrugte wat by die bekering pas , vrugte wat Hom eer, en vrugte wat my naaste dien en help
Nommer een vers 1
- jou keuses... Wie is jou vriende... Wie is jou raadgewers
"Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,..."
PSALMS 1:1 AFR83
Nommer twee vers 2
- Joh 15 sê dit ook...bly in Hom... Tyd met Hom in Woord en gebed...lewende water inneem...die sap van die ware wynstok ontvang
"maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak."
PSALMS 1:2-3 AFR83
Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:3-4 AFR83
DAN SAL DIE VRUGTE VOLG
''Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie."
JOHANNES 15:5 AFR53
My eie poging gaan nie veel vrug oplewer nie, maar meestal vrot vrugte met verkeerde motiewe daaragter voortbring. Hy stel my in staat, ek is totaal afhanklik van Hom om werklik te kan vrug dra. Anders kan ek wees soos 'n suurlemoenboom wat lemoene in al sy dorings gaan druk het om die wêreld om hom te beïndruk, maar kort voor lank gaan die lemoene papvrot op die grond begin val. Nee eers as die "boom" oorgeplant is op die Kruisboom sal hy waarlik lemoene dra. Ook eers as die loot op die Wynstok ingeënt is sal dit vrugte kan dra...uit myself kan ek niks doen nie
"Bome/lote" wat nie erns hiervan maak nie en nie vrug dra nie, word UITGEKAP of VERVLOEK
Hoekom? Want dit gaan nie oor ons nie, maar oor Hom en hulp tot ons naaste.
" Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. En moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. Die byl lê al klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”
LUKAS 3:8-9 AFR83
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra."
JOHANNES 15:1-2 AFR83
"Vroeg die môre op pad terug stad toe het Jesus honger gekry. Toe Hy 'n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: “Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie.” En die vyeboom het dadelik verdroog."
MATTEUS 21:18-19 AFR83
Ek glo dus die HOEKOM agter Jesus se opdrag om VRUG TE DRA vir Hom ook uiters belangrik is, en nie net om vrug te dra nie.
By die gelykenis van die Saaier is die een groot verskil tussen die eertse 3 en die laaste een...
NET DIE LAASTE EEN HET VRUG GEDRA
...die ander het almal nooit by vrug dra uitgekom nie.
(Faktore wat die dra van vrug verhoed en belemmer het was: die bose wat die saad (God se Woord) kom steel het nog voor dit opgekom het, ander het opgekom maar nie wortel geskiet nie, en hul hou nie lank uit nie. As hul ter wille van die Woord verdruk en vervolg word, word hul gou afvallig. By die laastes het bekommernisse en verleidelikhede van rykdom hul sonder vrug gelaat)
"Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
MATTEUS 13:22-23 AFR83
Dink net as elke kind van God begin doen wat hul weet!
As elkeen begin vrug dra, hoeveelheid is nie die punt nie. Dink net watse verskil sal ons kan maak in die plek waar Jesus my geplaas het.
Wie wen tussen lig en duisternis?
Een kersvlam verdryf 'n magdom duisternis.
Wees daai lig in die duisternis...en die duisternis kan dit nie oorweldig nie.
As ons dan nou weet HOEKOM en HOE, wat keer ons om nou vrug te dra wat by die bekering pas tot eer van ons Vader en voordeel van my naaste.
Alles uit dankbaarheid vir genade so onverdiend!!
Comments
Post a Comment