Praat jy sprinkaan?


Praat jy Sprinkaan?

Sprinkaan?
Ja Sprinkaan(vrees)

LUK6:45“wat die hart van vol is loop die mond van oor” 

Mens kan baie wys word oor iemand deur net te luister hoe en wat hy praat.

Hoe Israel hulself gesien het, het hul denke en optrede bepaal….ook hoe hul gepraat het

  Saam met Moses die eerste keer op die grens
sien hulle hulself as SPRINKANE teen die REUSE in die Beloofde land.

"Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê (gepraat): “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. ONS WAS SOOS SPRINKANE IN ONS EIE OË, en so was ons ook in hulle oë.”
NUMERI 13:32‭-‬33 AFR83

-  Vanuit hulle denke oor hulself (as Sprinkane)volg hul praat 
#Praat ONGELOWIG en VREES (PRAAT SPRINKAAN )

-  En vanuit hoe hul praat volg die volgende optrede:
# Vrees
#Ongehoorsaam aan God en weier om land in te neem…VLUG!
# Hul Fokus op die feite en nie op God wat die onmoontlike kan doen

Net Joshua en Kaleb het hul identiteit as God se volk onthou…maar niemand wou na hul luister…
Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!”
NUMERI 14:9 AFR83
Maar die hele vergadering het gedreig om vir Josua en Kaleb met klippe dood te gooi. Toe het die magtige teenwoordigheid van die Here by die tent van ontmoeting...” 14:10 AFR83

Hulle was besig om vir die volk te sê: 
"Ja daar is reuse, BUT GOD!!"

Saam met Joshua die tweede keer op die grens van die Beloofde land 
Sien hul hulself  nou as GOD SE VOLK vir wie die ander bang is.

Omdat hul denke verander het oor wie hulle is,
het hul optree,reageer en PRAAT verander…

-  Vanuit hulle denke oor hulself volg hul praat 
# PRAAT gelowig
# PRAAT vertroue en hoop op God

-  En vanuit hoe hul praat volg die volgende optrede:
# hul het leer VERTROU
# gehoorsaam God en neem die land in…TREK IN GELOOF OP!!
# fokus op God wat kan en nie meer op omstandighede

___________________________________________________________________________
Baie in ons land praat vandag Sprinkaan want hul vergeet wie hul is
agv Satan se leuens en hul vrees vir die situasie.

En dis ons GROOTSTE PROBLEEM!!

__________________________________________________________________________

Die ISRAELIETE  was steeds God se volk saam Moses, maar het nie aan hulself so gedink nie en daarom PRAAT HUL "SPRINKAAN".
 nl. vrees en ongeloof,

Hulle het gefokus op wie húlle is en wat húlle kan doen, 
en nie op wie hul God is en wat Hy kan doen nie.

Hoe ek myself sien bepaal my IDENTITEIT en dit bepaal my DENKE …en dit bepaal weer my OPTREE, REAGEER en hoe ek PRAAT

LUK6:45“wat die hart van vol is loop die mond van oor” 

Pas op wat ons praat!!!

"Sprinkaan" kan ons duur te staan kom…

"Die Here het vir Moses gesê: “Hoe lank sal hierdie volk MY ALMAG BLY ONDERSKAT? Hoe lank sal hulle WEIER OM OP MY TE VERTROU TEN SPYTE VAN al die wonders wat Ek onder hulle gedoen het? Sê vir hulle:
‘So seker as Ek leef,’ sê die Here, ‘EK SAL MET JULLE MAAK SOOS EK JULLE HOOR SÊ HET. In hierdie selfde woestyn sal die lyke bly lê van julle almal van twintig jaar en ouer wat in die sensus opgeneem is en wat teen My in verset gekom het.”
NUMERI 14:11‭, ‬28‭-‬29 AFR83‬‬‬‬

My identiteit word  bepaal deur wie IS in BEHEER van my lewe

___________________________________________
Aan die Kruis het Jesus my identiteit kom VERANDER van “sprinkaan” (sondaar wat vrees, ongehoorsaam reageer en nie glo en vertrou) na “Kind van God”
____________________________________________

Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons DEUR CHRISTUS met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.”
2 KORINTIËRS 5:17‭-‬18 AFR83‬‬

“DEUR CHRISTUS “ is die BRIL waardeur ons nou na onsself en na ander kyk, maar ook die BRIL waardeur God nou na ons kyk….deur die glase van Jesus se bloed sien Hy ons skoongewas, sonder sonde
... herstel in ons oorspronklike identiteit as -  geskape na Sý Beeld(nie meer verlore sondaar),
-  herstel as heerser (oor die sonde en skepping)
- en herstel in 'n intieme verhouding met Hom (wandel weer saam Hom soos in die tuin)

Begin dan as nuwe mens leef...vanuit jou nuwe identiteit as:
 GOD SE KIND…GOD SE VOLK nie agv herkoms nie, maar agv aanneming deur Sy Seun…uit elke volk en taal.

My PRAAT gaan alleenlik verander as my DENKE verander en dit kan alleenlik verander as my IDENTITEIT  “wie is ek in Christus” vasgemaak is! (SEKERHEID)En dit kan alleenlik verander as ek volle oorgawe van wie in beheer van my lewe is aan God gee.
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is”  ROMEINE 12:2 AFR83

“…en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.”(Plaas Hom in beheer)
2 KORINTIËRS 10:5 AFR83

Ek is in Christus en agv Hóm wedergebore kind van God,
geregtigheid voor God:
 I am loved by Him that’s who I am!

My sekerheid is nie gebaseer op wie èk is en wat ek doen nie, maar oor wie Hý is en wat Hy gedoen het.

As ek dit glo sal ek GLO ek is meer as oorwinnaar deur Christus wat my krag gee…en sal my doen vanuit my SEKERHEID wie ek is in Christus Jesus vloei - gehoorsaam uit dankbaarheid.
EK MOET, WORD NOU EK WIL!!

In die woestyn, openbaar God aan hulle (Israeliete) wie Hy is (Almagtig vir wie niks onmoontlik is) én wie húlle is (Sy volk…kosbaar in sy oë)….sodat hul kon leer hul kan op Hom VERTROU….

Het ons leer vertrou?
Ons sal alleen kan as ons onthou wie Hy is en wie ons vir Hom is…
Kosbaar, gekoop deur Sy bloed

Wat dalk in ons persoonlike lewe is 'n reus wat maak dat ons "sprinkaan" praat?

Gaan ons ook nóg 40 jaar moet swerf in die woestyn (persoonlik en as land) omdat ons nog steeds SPRINKAAN PRAAT!!?

Of gaan ons begin sê: "BUT GOD!!"

"Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie.  Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde.  Mag wat ek sê en wat ek DINK tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser."
PSALMS 19:13‭-‬15 AFR83



Verwysings: Volbring (Allan Platt)


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”