Hoop vir daai "Bessembos oomblikke"





"Besembos oomblikke"

Ek lees vandag weer oor Elia wat onder 'n besembos gaan lê het en gewens het hy kan doodgaan...

Hy was nie ongelowig nie, net doodmoeg, moedeloos en bang...
Inteendeel hy was 'n groot gelowige, dié profeet, en dit gee my moed en troos my, selfs hy kry 'n "besembos oomblik"...en God verwyt hom nie, Hy gee om en verstaan. Hy stuur 'n engel om hom in die tyd te versorg en by te staan.

Deur sy eie bril het dit vir hom gelyk of daar geen hoop meer vir sy situasie was nie en dat die ergste onafwendbaar was, en om als te kroon het hy geglo hy het alleen oorgebly.

"Elia het BANG geword en ter wille van sy lewe GEVLUG. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. Hy self het egter 'n dagreis ver die WOESTYN in gegaan. Daar het hy onder 'n BESEMBOS gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” (moedeloos) Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak (bitter moeg) Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!”  Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek (brood)wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”  Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.
1 KONINGS 19:3-8 AFR83

Wat is die grootste oorsaak van 'n "Besembos oomblik"???
- VREES - vir die feite van die saak, die omstandighede, toekoms, teenstand ens
- WOESTYN TYE in ons lewe maak ons bitter moeg en moedeloos
- Ons FOKUS op verkeerde plek -  Jy fokus op omstandighede en die storm ipv op God vir wie niks onmoontlik is.

Let op meer as een keer moes die engel hom wakker maak, en meer as een keer moes hy van die brood eet en van die water drink.  As ons soms na die Here gaan met ons probleem dan wil ons dadelik beter voel en oplossings sien maar dit was nie 'n "quick fix" nie.
Of soms is ons net te diep in die put en het Jesus nodig om ons meer as een keer te versterk met Sy Woord, die Lewendewater en die hemelse brood,  Hy gee om en verstaan, ook Hy self het in die tuin van Getsemanie meer as een keer gaan bid. Hy het ook bang geword vir die omstandighede waarin hy verkeer het...hy het fissies bloed gesweet.

Hoe kom Elia uit sy donker put... 
-  met hemelse brood en hemelse water in die woestyn te eet en te drink. (in ons geval die Woord, die brood van die lewe en die lewende water)
- eenkant alleen by die berg praat hy met die Here oor sy probleem. (in ons geval biddend met God te praat oor my probleem)
-  ook fissies na onsself om te sien deur gesond te eet en te oefen
"Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God."
Vitamien tekorte veroorsaak hormoon wanbelanse wat ook kan bydra tot ons donker put ervaring. Vit B, C, foliensuur, omega 3 vetsure, magnesium en kalsium is net 'n paar wat baie belangrik is om die balans reg te hou.

Hoekom moes hy eet en drink en eenkant gaan om met God te praat?
Want Hy wou hom versterk anders sou dit wat nog vir hom voorgelê het van sy woestynpad vir hom te erg geword het. Hy ontmoet hom in die grot om vir hom Sý bril op te sit sodat hy Goddelike perspektief op sy situasie te kon kry...die Here sê vir hom hy het nie alleen oorgebly nie daar is nog 7000.
Dus is God steeds in beheer al lyk dit vir hom nie so nie - hy weet wat ons nie weet

Daarna kon hy weer opstaan en gaan na waar God hom stuur. Satan wil ons  stop om te wees WIE en WAAR God ons wil hê om te wees of wil gebruik.

Ons kan ook soos Elia weer krag kry en nuwe perpektief en opstaan as ons Opkyk en doen wat Elia gedoen het...
Woord, gebed en glo !!
Hy kan ook in my omstandighede die brood vermeerder, nie net in die Bybel of vir ander.
_____________________________________________
Dit was net weer vir my so kosbare woord:
God gee om, Hy is liefde en Hy wil en kan ons van depressie genees, ons uit daai diep gat kom haal. Ons moet net glo Hy kan en Sy hand vat
"I know your able and I know You can" Mercy me
_____________________________________________

Sy "Bessembos" oomblik word nou 'n ""BUT GOD" oomblik
Ons sin kan ook

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”