Die Here stuur 'n "engel"


Die Here stuur 'n "engel"


Met my boetie Christo en Sera hulle se seun Armand se ongeluk gister het ons as familie iets kosbaars beleef.

 Toe ons in die vroeë oggend ure buite die noodgevalle deure gestaan het, het ' n swart man, hy sou later homself voorstel as Dawid ons genader.

 Eers het hy vir almal van sy lekkergoed kom aanbied en trooswoorde gesê. Later het hy weer draai gemaak en gesê ons moet bid. Hy vat toe ons hande en bid die kosbaarste eenvoudige gebed waarin hy Jesus vra om Armand te bewaar en gesond te maak. Toe hy klaar gebid het, het hy gesê.
 "We trust God he is gonne be ok"

 Dawid was maar heel oggend kort-kort naby en om ons. En toe kom staan hy by ons en sê ons moet saam hom sing en God prys. Hy begin toe "Gumba ya my Lord" klip hard sing.

  Dit beteken sou ek later oplees " Come by here my Lord"
Dus 'n pleit by die Here.
( ek moet hier bely ek het toegelaat dat my verleentheid, my die geleentheid laat mis het om my Here Jesus te kon prys deur lofprysing)

Sera het saam hom ingeval en ek het besef hoe groot is die.
Dawid het van die kragtigste wapens in God se wapenrusting gebruik en vir ons tot voorbeeld gewees.

Hy het LIEFDE en OMGEE betoon aan mense wat hy nie eers ken of van sy kultuur is nie.
Hy het GEBID.
 Hy het God GEPRYS.

Dawid van die Bybel was genoem, man na God se hart.
Dawid van Brits was gisteroggend glo ek, man na God se hart.

Hy het op 'n stadium gesê: "God is smiling"
Ek glo met my hele hart, oor Dawid het God geglimlag gisteroggend

 Gebed en Lofprysing (voor die oorwinning) was Josafat se aanvals wapens teen die vyand. Besef ons altyd hoe kragtig dit is in ons geestelike stryd teen die vyand wat net wil kom verwoes en steel.

Daardie oggend maak Jesus my weer bewus van hoe eenvoudige opregtheid by Hom soveel meer waarde het as ons korrekte optrede, want wat sal die mense dink en sê.

Dankie Dawid, nie net vir wat jy vir ons as familie in baie rowwe angstige oomblikke beteken het nie, maar wat ek by jou kon leer.

En dankie Jesus dat U vir Dawid na ons gestuur het.
Ons weet U is die God wat genees, U is ons groot Geneesheer,  Jehovah Rapha
Ons glo Armand sal deur U genadige hand soos Dawid gesê het "OK" wees.


(Armand lê op die oomblik in icu in Garancuwa en vir meer as 12 ure het hy net in ongevalle gelê en wag in Brits vir 'n ambulans om hom te kon oorplaas. Sy beserings was te ernstig en kon hul hom nie daar behandel nie. As ons nou terug kyk en soos die erns van sy beserings aan die lig kom, dat hy daardie ure toe hy nie in 'n menslike icu kon wees nie, hy in God se icu was, veilig in Sy arms.

Hy het 'n groot sny oor sy kop en aan sy sy, gebreekte sinusbeen, gebreekte sleutelbeen, gebreekte bladbeen, gebreekte ribbetjie, bloed in sy regterlong en klein bloeding op die brein, te diep dat hul iets daaraan kan doen nou. Hy het ook tot op hede nog nie bygekom nie - ons bid en vertrou steeds)


As ons reeds terugkyk sien ons een ry voetspore gevorm deur die een wonderwerk en  te toevallighede om te toevallig te wees na die ander - God is in beheer!!


Gumba ya, My Lord (" Come by here my Lord")


The Riverside Gospel Group

LYRICS

Kumbaya my Lord, kumbaya
Kumbaya my Lord, kumbaya
Kumbaya my Lord, kumbaya

Oh Lord, kumbaya

Someone's singing Lord, kumbaya
Someone's singing Lord, kumbaya
Someone's singing Lord, kumbaya

Oh Lord, kumbayah

Someone's crying Lord, kumbaya
Someone's crying Lord, kumbay
Someone's crying Lord, kumbaya

Oh Lord, kumbaya

Someone's praying Lord, kumbaya
Someone's praying Lord, kumbay
Someone's praying Lord, kumbaya

Oh Lord, kumbaya
Oh Lord, kumbaya
Oh Lord, kumbaya
Oh Lord, kumbaya


Oh Lord, kumbaya

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”