Posts

WAT SOEK JULLE .... ?"

Image
                                                   Jesus gee die OPDRAG in Matt 28... " Gaan dan heen, MAAK DISSIPELS van al die nasies, en DOOP hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en LEER hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het( GEHOORSAAMHEID )" MATTHÉÜS 28:19 AFR53 Jesus is ook die voorbeeld In Joh 4 en Hebr 5 sien ons dat Hy deur Sy dissipels en self in Sy eie lewe op aarde reeds die voorbeeld gestel het... " TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer DISSIPELS MAAK en DOOP as Johannes —alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels " JOHANNES 4:1 AFR53 " Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, GELEER wat GEHOORSAAMHEID is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligh...

Soms mis ons heeltemal die punt!

Image
Soms mis ons heeltemal die punt! HOEVEEL BROOD WáS DAAR?  HOEVEEL BROOD IS DAAR Nóú? Hoekom vra Jesus die dissipels heeltyd hoeveel brood is daar? Twee maal vermeerder Jesus die brood vir duisende Eerste broodwonderwerk(5000) vra Hy... "Hy sê toe vir hulle: “ Hoeveel brood het julle? Gaan vind uit.” Toe hulle dit vasgestel het, sê hulle: “Vyf brode en twee visse.” MARKUS 6:38 NLV 2de broodwonderwerk(4000) vra Hy.. “ Hoeveel brode het julle? ” het Hy gevra. “Sewe,” was hulle antwoord. MARKUS 8:5 NLV Dan later as hul in die boot is besef hul, hul  het vergeet om vir hulself genoeg brood saam te bring....hul het net een! Dan vra Jesus hul kopskuddend WEER.... "Toe Ek die vyf brode vir die 5 000 gebreek het, hoeveel mandjies vol oorskiet het julle opgetel?” Hulle antwoord Hom: “ Twaalf .” “En toe Ek die 4 000 met sewe brode gevoed het, hoeveel mandjies vol oorskiet het julle opgetel? ” “ Sewe ,” het hulle geantwoord." Mark8:19-20 Hoekom vra Hy ...

Die mooiste "BUT GOD" verhaal ooit vertel

Image
Die mooiste "BUT GOD" verhaal ooit vertel Ons kan nie genoeg sekere waarhede in die Woord oor en oor bedink nie want as ons oor en oor dieselfde plekke "stap" trap dit later 'n "voetpad" in ons denke en kan ons maklik weer daardie paadjie vind waarop Jesus ons iets kosbaar van Hom of onsself geleer het. So is dit ook waar van die feit dat elke verhaal in die Bybel  'n "BUT GOD/MAAR GOD" storie is... Dis veral waar van die kinders van God, maar ook van die goddelose.  Die goddelose gaan in sy goddelose toestand voort en dink hy kom daarmee weg MAAR DIE HERE "BUT GOD" tree op 'n dag in en maak 'n einde aan sy bose planne. So is dit ook selfs waar van die Duiwel en sy demone, daar is 'n dag bepaal waarop die Here God regverdig oor die aarde gaan oordeel en hulle in die hel gewerp gaan word. As ons net dink aan 'n paar lewensverhale van God se kinders in die Bybel sien ons dat telkemale daar 'n...

Soms word ons wakker in ‘n heel ander wêreld as waarin ons gaan slaap het.

Image
Soms word ons wakker in ‘n heel ander wêreld as waarin ons gaan slaap het.                  Alles hang af van hoe ons dinge SIEN ,                                maar soms moet jy jou oë toe maak om werklik te kan sien… Dit wat ek sien en dit wat God besig is om te doen kan hemelsbreed verskil. Ons kyk vas teen die golwe, die wind en selfs teen wie ek is, maar God sien soveel meer. Dawid sien homself as ‘n skaapwagter, God SIEN ‘n koning. In 2Kon 6 lees ons dat ELISA en sy dienskneg ook  veilig gaan slaap het maar die volgende oggend OMSINGEL deur die vyand wakker geword het. Die vyand was RONDOM HULLE , en hulle was van alle kante vasgekeer , menslik gesproke geen uitkom kans. Soms bevind ons, ons ook in sulke situasies (siekte, dood van ‘n geliefde, werkverlies of ook in die geval van die Corona virus wat die wêreld nou lam lê). ...

"Waarheen is meneer oppad?"

Image
Die OMPAAIE van die lewe Kosbare video.... (Kliek op die video en kyk dit eers) Wat my veral tref is dat dit "besig wees en haastig wees" was wat Sy aandag van die regte pad af getrek het (tipies Satan se taktiek) en dat hy gedink het hy is nog ok hy kan maar op die pad aanhou hy sal wel uitkom waar hy moet...soos baie dink wat aan Jesus glo, maar nêrens self by Hom gestop het en seker gemaak het oor die regte pad by Hom nie. Ons ken mos van kleinsaf die pad, ons maak staat op ander se verduideliking, ons weet waar is noord... As ons tyd sou maak om by Hom te stop sal Jesus deur die Heilige Gees en Sy Woord, ons vertel die regte pad is 'n NOU PAD . Hier waar ons, ons moontlik nou op hierdie oomblik mag bevind, het ons dalk bewus geraak dat ons sonder dat ons dit agter gekom het VERDWAAL . Soms gebruik die Here kronkels en draaie en opdraendes in ons pad om ons tot dié besef te bring. Albertus sê vir hom, hy bevind hom in die middel van die wêreld, en...

Wees bly, ALTYD! ... maar is dit moontlik?

Image
Kan ons bly wees in 'n tyd soos hierdie? Seker nie as ons uit ‘n wêreldse perspektief daarna kyk nie. En tog sê die Woord: REJOICE   in the Lord   ALWAYS .  I will say it again:  REJOICE ! ... the Lord is near " Philippians 4:4 NIV " Wees  altyd BLY   in die Here !  Ek herhaal:  Wees bly ! ... Die Here is naby ." FILIPPENSE 4:4‭-‬5 AFR83‬‬  "  The  joy of the Lord  is your strength .” Nehemiah 8:10 NIV  Maar hoe kan ek ook hierdie BLYDSKAP kry? Die boek Filipense gaan oor  Blydskap in die Here  Dis waar die verskil lê, blydskap  IN DIE HERE Dis nie net blydskap nie… Dis nie die blydskap wat die wêreld gee nie. BLYWENDE blydskap  kry ek net IN HOM , blydskap wat nie kom en gaan soos my emosies of omstandighede verander nie. Hierdie BLYDSKAP is nie iets wat ek voel nie, maar iets wat ek weet Om by  hierdie BLYDSKAP  te kan uitkom moet die verse in  Joh 3...