"Waarheen is meneer oppad?"


Die OMPAAIE van die lewe

Kosbare video....
(Kliek op die video en kyk dit eers)

Wat my veral tref is dat dit "besig wees en haastig wees" was wat Sy aandag van die regte pad af getrek het (tipies Satan se taktiek) en dat hy gedink het hy is nog ok hy kan maar op die pad aanhou hy sal wel uitkom waar hy moet...soos baie dink wat aan Jesus glo, maar nêrens self by Hom gestop het en seker gemaak het oor die regte pad by Hom nie. Ons ken mos van kleinsaf die pad, ons maak staat op ander se verduideliking, ons weet waar is noord...

As ons tyd sou maak om by Hom te stop sal Jesus deur die Heilige Gees en Sy Woord, ons vertel die regte pad is 'n NOU PAD.



Hier waar ons, ons moontlik nou op hierdie oomblik mag bevind, het ons dalk bewus geraak dat ons sonder dat ons dit agter gekom het VERDWAAL.

Soms gebruik die Here kronkels en draaie en opdraendes in ons pad om ons tot dié besef te bring. Albertus sê vir hom, hy bevind hom in die middel van die wêreld, en dalk jy ook vandag.  Jy weet nie watter kant toe nie.
Volgens Albertus is dit 'n goeie plek om te wees,
'n plek waar jy enige rigting kan gaan.

Dink bietjie daaroor dit is, want dis 'n plek van stop en pad vra, 'n plek van nuut kies, oorbegin.

Dus al is ons op 'n plek, volgens ons, totaal WEG EN VERLORE kan ons nuwe keuses maak en nuwe rigting kies, NIEMAND bevind hom op 'n plek waar hul te verlore is om weer die regte pad te kry nie.
Op daardie plek in jou lewe waar jy pad vra, is jy altyd op die regte plek om van rigting te verander.



Soms is dit nodig om eers te vertoef by die Een wat jou die pad wys, eers te rus in Sy teenwoordigheid, in Sy huis voordat jy weer op jou lewenspad aan stap.

Die reisiger se nuwe pad, sy nuwe kyk, die regte pad het met heelnag se Opkyk begin het. 💞🙏🏻🙏🏻🙏🏻

In die donkerste "nagte" van ons lewe voel die hemel ok vir ons nader, dis in ons Job tye wat ons Hom die beste "sien" en beleef, en nie meer net van Hom weet nie.

Sy stadiger ry, meer stop langs die pad maak dat hy meer waardeer, inneem en meer raaksien. Op die regte pad, God die Vader se pad sal ons nie wil deel wees van die rotressies wat net nog, nog wil kry nie.
 Ons sal stop by Hom en ander, ons sal deur Sy oë meer raaksien, meer waardeer en so aan Sy koningkryk bou en aan ander 'n verskil maak.

 Omdat ons nie oplet nie, mis ons baie van die "BUT GOD" oomblikke (heilige momente soos hy dit noem) langs ons lewenspad en kan ons selfs Hom mis en dit nie weet nie, soos Jacob
"Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie."
GÉNESIS 28:16 AFR53

Ons moet dus oplet-oplet "ry" anders mis ons baie.
As ons dan ANDERKANT uit kom sal ons 'n ander hart en ander oë hê.

"En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee;
 en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee."
ESÉGIËL 36:26 AFR53

Ons hart sal sagter wees heens ander en ons oë sal sagter na hul kyk, nie meer vingerwysend en veroordelend nie. Ons sal die GENADE wat ons gekry het aan ander gee.


Mag hierdie gedwonge aftrek langs die pad tydens ons "Lockdown" ons tyd gee om weer pad te vra, heel nag Op te kyk en dan terug te keer hierna op die regte pad wat wel by God ons Vader sal uitkom en ons oppad weer alles waardeer, verskil maak en so hemelse skatte bymekaar maak.

Word stil by Jesus in die tyd,
Hy ken nie net die regte pad nie, 
HY IS DIE PAD!!

Moenie die ompad omwens nie, maar gebruik dit om te vertoef by die Een wat die pad verduidelik...
Moenie dink jy ken die pad, maar maak seker jy is nog op die regte pad.


Mag ons hier anderkant uitkom met 'n ander hart en ander oë
... 'n nuwe maar beter normaal.


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”