Wees bly, ALTYD! ... maar is dit moontlik?
Kan ons bly wees in 'n tyd soos hierdie?
Seker nie as ons uit ‘n wêreldse perspektief daarna kyk nie.En tog sê die Woord:
REJOICE in the Lord ALWAYS.
I will say it again: REJOICE!
...the Lord is near"
Philippians 4:4 NIV
"Wees altyd BLY in die Here!
Ek herhaal: Wees bly!
... Die Here is naby."
FILIPPENSE 4:4-5 AFR83
" The joy of the Lord is your strength.”
Nehemiah 8:10 NIV
Maar hoe kan ek ook hierdie BLYDSKAP kry?
Die boek Filipense gaan oor Blydskap in die Here
Dis waar die verskil lê, blydskap IN DIE HERE
Dis nie net blydskap nie…
Dis nie die blydskap wat die wêreld gee nie.
BLYWENDE blydskap kry ek net IN HOM, blydskap wat nie kom en gaan soos my emosies of omstandighede verander nie.
Hierdie BLYDSKAP is nie iets wat ek voel nie,
maar iets wat ek weet
Om by hierdie BLYDSKAP te kan uitkom moet die verse in Joh 3:16 en Joh 17:17 al betekenis vir my as persoon gekry het.
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, SODAT dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar SODAT die wêreld deur Hom gered kan word.
Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie."
JOHANNES 3:16-18 AFR83
“Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U TOEGEWY wees deur die waarheid.
U woord is die waarheid.”
JOHANNES 17:16-17 AFR83
Die twee goed wat die meeste uitstaan in die boek Filipense waarin ons BLYDSKAP gewortel is:
________________________________
- ons VERLOSSING
- en dat HY BY ONS IS
________________________________
1. Eerstens in my verlossing in Jesus Christus.
Daarom kan ek elke Woord in die Bybel nou glo soos ‘n kind en my eie maak.
"All of us like sheep have gone astray, We have turned, each one, to his own way; BUT THE LORD has caused the wickedness of us all [our sin, our injustice, our wrongdoing] To fall on Him [instead of us]."
“Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; MAAR DIE HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”
Jes 53:6
“Maar God (BUT GOD) bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
ROMEINE 5:8 AFR83”
Dankie tog vir “BUT GOD"…maar die HERE
“But when [in God’s plan] the proper time had fully come, God sent His Son, born of a woman, born under the [regulations of the] Law, so that He might redeem and liberate those who were under the Law, that we [who believe] might be adopted as sons [as God’s children with all rights as fully grown members of a family]. And because you [really] are [His] sons, God has sent the Spirit of His Son into our hearts, crying out,
“Abba! Father!”
Therefore you are no longer a slave (bond-servant), but a son;
and if a son, then also an heir through [the gracious act of] God [through Christ].”
Galatians 4:4-7 AMP
“Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op VERLOSSING as helm.
God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word.
Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe.
Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.”
1 TESSALONISENSE 5:8-11 AFR83
“But what does it say? “The word is near you , in your mouth and in your heart ”—that is, the word [the message, the basis] of faith which we preach— because if you acknowledge and confess with your mouth that Jesus is Lord [recognizing His power, authority, and majesty as God], and believe in your heart that God raised Him from the dead, YOU WILL BE SAVED.”
Romans 10:8-9 AMP
"For “ whoever calls on the name of the Lord [in prayer] WILL BE SAVED .”
Romans 10:13 AMP
“DAAROM sal die Here self aan julle 'n teken gee
Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.”
JESAJA 7:14 AFR53
(dis so jammer dat die nuwe afrikaanse vertalings die maagd met meisie uit vertaal het en so die krag van die evangelie afgewater het)
“Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: GOD MET ONS.”
MATTHÉÜS 1:23 AFR53
2. Tweede die wete dat Hy ALTYD BY ONS is.
“leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
En onthou: EK IS BY JULLE al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 AFR83
ONTHOU DIT want Satan gaan met al die golwe en wind julle laat probeer vergeet.
“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
... DIE HERE IS NABY.” (by ons)
FILIPPENSE 4:4-5 AFR83
“(even if)Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, WANT U IS BY MY. In u hande is ek veilig.”
PSALMS 23:4 AFR83
“ Wees nie bevrees nie,
WANT Ek is met jou;(BY ONS ALTYD)
kyk nie angstig rond nie,
WANT Ek is jou God(ONS VERLOSSING)”
Ek VERSTERK jou,
ook help Ek jou,
ook ONDERSTEUN Ek jou met my reddende regterhand.
Want Ek, die Here jou God,
GRYP JOU regterhand aan,
Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.”
JESAJA 41:10, 13 AFR53
JA vir JÓÚ, vir mý. Ons is Sý kinders deur ons geloof in Jesus en daarom is Hy óns God, óns Vader en gryp Hy ons.
Weer die TWEE waarop ons blydskap gebou is, en dis ook die twee wat ons nie laat vrees nie:
- ons VERLOSSING
- en dat HY BY ONS IS
Ons kry ook weer hierdie twee gedagtes ook in Jes 43
“MAAR nou, so sê die Here , jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel:
Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos;
Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! (VERLOSSING)
As jy deur die water gaan, IS EK BY JOU;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, e
n die vlam sal jou nie brand nie.
Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland;
Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
JESAJA 43:1-5 AFR53
Hy is nie net bý ons nie, Hy bid ook vir ons.
“Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, SODAT hulle MY BLYDSKAP in al sy volheid in hulle kan hê. Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, MAAR dat U hulle van die Bose moet bewaar.
JOHANNES 17:13-15 AFR83
Hy het ons Sy Woord (Sy Waarheid)gegee en bid dat ons van die bose bewaar sal word WANT ons stryd is nie teen vlees en bloed nie.
Om nie bang te wees nie is nie so maklik nie veral nie in 'n tyd soos hierdie nie.
Mercy me sing in hul liedjie “EVEN IF"
“It's easy to sing
When there's nothing to bring me down
But what will I say
When I'm held to the flame
Like I am right now….
(maar dan onthou die liedjieskrywer soos in so baie psalms van Dawid
…BUT GOD!)
I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand…
(maar hy dien Jesus nie net oor wat hy van Hom kan kry nie en omdat hy kan nie, hy dien Hom vir Hom alleen…even if!!)
But even if You don't
My hope is You alone”
WHAT IF word EVEN IF
Almal kry soms sulke oomblikke.
Ons weet van al die beloftes in die Bybel, maar soms is dit moeilik om te "practise what you preach"
Maar al is ons nog bang kan ons besluit om te fokus op Hom en nie op ons situasie nie.
Ons beweeg in geloof en nie deur wat ons kan sien nie
Daarom kan ons uit volle bors met die lied saamsing:
”I AM NOT ALONE"
Die Here is altyd teenwoordig in ons situasie.
”I am no longer a slave of fear….I am a child of God"
Die vyand probeer golwe in ons sig plaas (WAT ONS KAN SIEN) sodat ons nie die Here se waarheid kan raaksien nie.
God se waarheid is:
"Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”
MATTEUS 19:26 AFR83
FOKUS OP DIE HERE SE TEENWOORDIGHEID EN NIE OP DIE VYAND SIN
Fokus op “But the Lord/maar die Here” in jou storie.
1 TESSALONISENSE 5:14-22 AFR83
Ons kan dus oorloop van BLYDSKAP, SELFS IN ‘N TYD SOOS HIERDIE, want my BLYDSKAP is in Hom wat my VERLOS het en ALTYD BY MY IS.
“Love is raining down on the world tonight
There's a PRESENCE here I can tell
God is in us, God is for us, God is with us, EMMANUEL
He's the SAVIOR we have been praying for
In our humble hearts he will dwell
God is in us, God is for us, God is with us, EMMANUEL ”
- Casting Crowns -
"The Lord is my strength and my shield; My heart trusted in Him, and I am helped; Therefore my heart greatly rejoices, And with my song I will praise Him."
Psalms 28:7 NKJV
Ons moet bid dat die Here ons geestelike oë sal open
sodat ons sy TEENWOORDIGHEID kan SIEN
Comments
Post a Comment