Soms word ons wakker in ‘n heel ander wêreld as waarin ons gaan slaap het.







Soms word ons wakker in ‘n heel ander wêreld as waarin ons gaan slaap het.

                 Alles hang af van hoe ons dinge SIEN,                               maar soms moet jy jou oë toe maak om werklik te kan sien…

Dit wat ek sien en dit wat God besig is om te doen kan hemelsbreed verskil.

Ons kyk vas teen die golwe, die wind en selfs teen wie ek is, maar God sien soveel meer. Dawid sien homself as ‘n skaapwagter, God SIEN ‘n koning.

In 2Kon 6 lees ons dat ELISA en sy dienskneg ook veilig gaan slaap het maar die volgende oggend OMSINGEL deur die vyand wakker geword het.

Die vyand was RONDOM HULLE, en hulle was van alle kante vasgekeer, menslik gesproke geen uitkom kans. Soms bevind ons, ons ook in sulke situasies (siekte, dood van ‘n geliefde, werkverlies of ook in die geval van die Corona virus wat die wêreld nou lam lê).

Ek dink baie van ons voel of ons in ‘n nagmêrrie wakker word elke oggend….maar ONTHOU, BUT GOD!!

Die môre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, SIEN hy 'n leër rondom die stad, met perde en strydwaens.
 “Ag, Meneer!” sê die slaaf vir Elisa,
“wat gaan ons nou maak?”
2 KONINGS 6:15 AFR83

Meeste van ons sal vrees en sê: ”Wat sal ons doen?”
Dis menslik.

Wat dalk belangriker nou is, is wat ons NIE sal doen nie...

Ons sal nie toelaat dat ons fokus geplaas word deur die vyand op wat ons sien nie, en ons GEDAGTES so vul met leuens nie.

 Die duiwel kan nie God se beloftes en waarheid ongedaan maak nie maar hy kan ons gedagtes vul met TWYFEL en VREES.

Wat ons wel nou moet doen is ...
Om ons gedagtes te vul met Sy waarheid, om so die leuens uit te blus.
 Ons stiltetyd in Woord en gebed is weereens “non negotiable"

Die Here het ons 5 weke gegee waarin alle ander afsprake afgestel is en ons bekragtig kan word by Sy voete vir waarin ons is en wat dalk voorlê.
GAAN ONS TOELAAT dat die vyand dit net weer by ons steel en weer vul met net allerhande ander goed (net op 'n ander manier besig maak) of gaan ons van hierdie tyd uitkoop en gebruik om ons gedagtes te vul met Sy waarheid



Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?
 En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie GEHOOR het nie? 
En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? 
 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? 
Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!  
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; 
want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?  
Die geloof is dus uit die gehoor,
 en die gehoor is deur die woord van God.”
ROMEINE 10:14‭-‬17 AFR53‬

Hoe gaan ons hoor as ons nie STIL raak by Hom om te hoor nie?


Kobus windt se preek se tema die week was
" stay at home...en bly stil!!"
In ons STIL raak gaan ons Sy stem hoor.

"Be still, and know that I am God;
I will be exalted among the nations,
 I will be exalted in the earth!

(v11) The Lord of hosts is with us;
The God of Jacob is our refuge. Selah
Psalms 46:10‭-‬11 NKJV
(Vers 11 is uitgelaat net in ons Afrikaanse vertalings.
Ai, dis van die belangrikste feite om nou juis te weet en soos Jesus gesê het in Matt 28 ons moet ONTHOU, Hy is by ons ons, Hý is ons beskerming)

IN 1kon 19:11-12 lees ons dat die Here nie in die wind, aardbewing en vuur was nie maar in die fluistering. Pastoor Kobus wys dit uit dat mens baie naby aan iemand se mond moet kom om fluister te kan hoor.

 God praat altyd, maar is Hy die hardste stem in ons lewe.



HOOR ONS DALK NIE, WANT ONS RAAK NIE STIL OM TE LUISTER NIE

"Ons asem in as ons die Bybel lees wat die Heilige Gees uit asem"
 Kobus Windt



Geen wonder ons noem dit ons STILTEtyd nie

__________________________________________________________________

Elisa se dienskneg het gevrees, Elisa nie.

Die verskil lê in wat hul GESIEN het,
en dus waarvoor hul gekyk het .
Elisa KYK Op,
 sy dienskneg KYK rond
___________________________________________________________________

Satan laat ons VASKYK teen feite, getalle, die rooi see, die vuur 7x warmer, die honger leeus.
Hy wil hê ons moet dink ons is “outnumbered" !!!
MAAR ONS IS NIE!!

Furtick sê in sy boodskap Elisa profiteer nie die toekoms nie,
HY SIEN DIE ONSIGBARE deur geloof.




Soms is dit wat ons nie kan sien nie belangriker as wat ons kan sien.

 Geloof is God se bril waardeur ons na dinge kyk.

========================================
  Soms verander geloof dit wat ons sien,
 maar soms verander dit HOE ons iets sien.
========================================




Elisa antwoord hom:
"Vrees nie; 
WANT die wat by ons is
is meer as die wat by hulle is"
II KONINGS 6:16 AFR53

Seker een van die kosbaarste feite in die Bybel vir God se kinders.

Hy hoef dus nie bang te wees nie WANT GOD IS BY HULLE.

Mag die Here ook ons oë open sodat ons ook kan sien dat:

"Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie,
maar teen elke mag en gesag,
teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld,
teen elke bose gees in die lug"
(die wat by hulle is)
EFESIËRS 6:12 AFR83



 Wat moet ons NOU DOEN moet begin met WAT SIEN ONS NOU?

Die WAARHEID is:
 met die Here aan ons kant is ons altyd in die meerderheid.
WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? 
As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
ROMEINE 8:31 AFR53

ELISA staan op die volgende WOORD:
“Are not all the ANGELS ministering spirits sent out [by God] to serve (accompany, protect) those who will inherit salvation? [Of course they are!]”
Hebrews 1:14 AMP

Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. 
  GetDie ENGEL van die Here  trek 'n LAER RONDOM die wat Hom vrees
en red hulle uit. 
 Tet. Smaak en sien dat die Here goed is
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!”
PSALMS 34:7‭-‬9 AFR53‬

sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.  
HY SAL SY  ENGELE OPDRAG GEE 
OM JOU TE BESKERM WAAR JY OOK AL GAAN.  
Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.  Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy doodtrap.  
Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, 
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.  
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
 in sy nood SAL EK BY HOM WEES, 
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.  
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
 en oor my hulp sal hy hom VERBLY.”
PSALMS 91:10‭-‬16 AFR83‬

Die duiwel wil hê ons moet in VREES VASVAL.
Ons kan vrees voel, maar ons moet nie daarin vertoef nie,
 gaan gee dit in gebed vir die Here.

 Fil 4:6 “don't be ANXIOUS about anything instead PRAY about everything"





En Elísa het gebid en gesê: 
HERE, OPEN TOG SY OË, DAT HY KAN SIEN
En die Here het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien
en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.”
II KONINGS 6:17 AFR53

ELISA bid vir sy medegelowige 
Bid ons ook tot die Here vir ander en probeer ons ook in hierdie tyd ander help om God se perspektief op die situasie te SIEN of blaas ons vrees aan?
Nie altyd maklik nie want toe Joshua en Kaleb dit probeer doen het by die Beloofde land se grens wou die ander hulle met klippe doodgooi agv wat die ander KON SIEN MET HUL EIE OË.
PAS OP dus vir wat jy SIEN!! 
Dit het nie die laaste sê nie, God ons Vader het.

God is ook soms TEENWOORDIG deur ons in ander se lewens,
daarom moet ons Hom altyd verTEENWOORDIG

Skoene van bereidheid aantrek wat die goeie nuus versprei

Let op!!
Elisa BID toe, en hy bid WEER toe die vyand op hul afstorm en die Here verhoor Sy gebede en slaan hul met blindheid en kon hul niks aan hulle doen nie.

Steven Furtick sê ook in sy boodskap

“ when Elisa prayed help did not come,                                                help was already there."

Die Here het vir hom gewys, laat SIEN, WAT REEDS DAAR WAS.
Wow

Ons het nie altyd "geestelike" oë nodig om God te sien nie,
as ons net na die skepping kyk, hoe kan ons Hom NÍE SIEN NIE, as die aarde byvoorbeeld net bietjie nader of bietjie verder van die son was sou ons nie kon bestaan het daarop nie.
Te perfek vir toeval.

"Dit is U aan wie dag en nag behoort, U wat aan die son en die maan hulle plek gegee het,"
PSALMS 74:16 AFR83


Die verskriklike hartseer is,
 ongelukkig is daar ook altyd die wat nie wil sien nie.

Ander keer "SIEN" ons nie want ons verstaan/SIEN net ten dele.
Eendag sal ons verstaan wat ons nie nou verstaan nie.
"Nou KYK ons nog in 'n dowwe spieël en SIEN 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles SIEN soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken."
1 KORINTIËRS 13:12 AFR83

JOB het ook een aand veilig gaan slaap en die volgende dag wakker geword in "chaos", een was nog besig om vir hom slegte nuus te bring dan is die volgende slegte nuus al daar. Feitlik elke gebied van sy lewe het uitmekaar geval. Die vyand het meervoud PYLE, op hom afgevuur. Finansies, dood van AL sy kinders, sy vriende verloor, sy gesondheid en sy huwelik was op rowwe water.
Job se fokus, sy oë is egter op die Here gerig daarom kon hy steeds LOFPRYS

Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. 
Die Here het gegee en die Here het geneem.
 Prys die Naam van die Here.”
JOB 1:21 AFR83

Later deur als wat hy moes deurmaak sien ons dat sy geestelike oë net beter kon kyk.
"Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, 
maar nou
het ek U self GESIEN,"
JOB 42:5 AFR83

Job het God nou baie duideliker "gesien" na als wat hy deurgemaak het.
Hy SIEN SELF dat God regtig in beheer is en regtig omgee.

Wat het nie bebeur toe Elisa bid nie?

God het nie die vyand weggevat nie, 
maar Hy het Sy TEENWOORDIGHEID duidelik en sigbaar gemaak 
vir Sy kinders om te sien.

Soms kan die Here selfs die goddelose se oë open soos toe Nebikadneser die goddelike wese saam met Daniël se vriende KON SIEN In die vuuroond.

Of die oë open van die godsdienstige.
Paulus was geestelik blind, maar die Here maak hom tydelik fisies blind sodat hy geestelik kon sien en gaan van Christen kerkvervolger na kerkplanter.
Hy wou voorheen op grond van sy werke die hemel “verdien" .
Het op sy eie vermoë en krag staat gemaak…
Hy beweeg egter deur Jesus se openbaring aan hom na wedergeboorte en dus GENADE deur Jesus vir hom en ons verdien aan die kruis.

Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo. Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand. Van Moses sê die Skrif egter:
“Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.”  
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. (Ons kan deur God se genade nou sien)
Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.
 Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. 
Dit doen die Here wat die Gees is.”
2 KORINTIËRS 3:14‭-‬16‭, ‬18 AFR83‬‬

Iemand kan valslik gerus wees binne ‘n kerk.
Here open ons oë, nie net tov U teenwoordigheid nie,
maar ook tov ons Redding.
Ons is nog nie volmaak nie, ons is op die pad van heiligmaking.
Ons leef egter nie meer as verlore nie, maar as gered.
Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”
II KORINTHIËRS 5:17 AFR53

Hillsong In Afrikaans
Wie U Sê Ek Is

Musiek en Lerieke deur: Ben Fielding en Reuben Morgan; Vertaling deur: Konstand Spies, Warren Brown, Francois Olivier, Lourens Kruger

"Wie is ek dat die hoogste Heer
My in sal nooi
Eers verlore maar nou gevind
O Hy’s lief vir my
O so lief vir my

KOOR:
Wie die Seun vry maak
O is waarlik vry
Ek’s ‘n kind van God
Ja ek is

Vry gekoop
Hy’t my skuld betaal
Sy genade’s diep
Wyl steeds in my sondeskuld
Het Jesus vir my gesterf
O Hy’t vir my gesterf

KOOR:
Wie die Seun vry maak
O is waarlik vry
Ek’s ‘n kind van God
Ja ek is
In my Vadershuis
Is ‘n plek vir my
Ek’s ‘n kind van God
Ja ek is

Ek’s gekose
Nie verlate
Ek is wie U sê ek is U staan vir my
En nie teen my
Ek is wie U sê ek is

Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.  Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!”
PSALMS 30:12‭-‬13 AFR83‬

Ons kan nou NABY God kom en Hy naby ons.
Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. 
WAS JULLE HANDE van die sonde wat daaraan kleef,
 julle sondaars, maak julle harte skoon,
 julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie."
JAKOBUS 4:8 NLV

God en mammon?

Dus moet ons in hierdie tyd nie net ons hande fisies was nie maar ook geestelik, want die Here praat met SÝ KINDERS

Soms sal Ek die hemele toesluit sodat daar geen reën val nie, of Ek kan bepaal dat sprinkane julle oeste opvreet, of Ek kan dalk plae onder julle stuur. Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. Ek sal ’n oog hou oor hierdie plek en luister na elke gebed wat hier opgestuur word,”
2 KRONIEKE 7:13‭-‬15 NLV‬
_______________________________________________________________________________
SJOE!! klink dit bekend?
Die Here wag nie vir die ongelowiges om hulle te bekeer nie,
Hy wag vir Sy kinders se gebede en dat hul sal terugkeer na Hom.
_______________________________________________________________________________

When I shut up heaven and there is no rain, or command the locusts to devour the land, or send pestilence among My people, 
IF MY PEOPLE who are called by My name 
will humble themselves, and pray and seek My face, and turn from their wicked ways, 
THEN I will hear from heaven, and will forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer made in this place.”
II Chronicles 7:13‭-‬15 NKJV‬

Wat SIEN die Here en wat HOOR Hy van óns kant af?
Die Here spits Sy ore vir ons gebede….
maar bid ons, draai ek terug of is die skrif vir ander bedoel??

Laat ons, óns hande was, kom ons maak reg met ons Vader al is dit om ons biddeloosheid en verplaaste vertroue te bely.
As jy dalk soos die verlore seun afgedwaal het of dalk net lou geword het, KOM TERUG!!
Ons Vader staan gereed om ons tegemoet te hardloop en die hemel vier fees vir elkeen wat TERUGDRAAI.

SUID-AFRIKA DRAAI TERUG.

Die duiwel het jou dalk so besig gemaak, selfs met goeie goed dat jy nie meer genoeg tyd by die Here se voete kon spandeer nie.  In die gelykenis van die saaier was dit genietinge én bekommernis wat dit van vrug dra weerhou het.

Beplan om na ‘n NUWE normaal terug te keer, een by Jesus se voete.
 'n Lewe van vrug dra




Mag Hy ook ons oë open om te sien wat het ons tyd by Hom kom steel sodat ons daarvan ontslae kan raak.
 Gewoonlik is dit goed waarby die vyand ‘n TE kom voeg het.

Dit kan selfs kerkgoed wees.
Louis Malerbe het altyd gesê dat hy so besig geraak het met die dinge van die Here dat hy later nie meer by die Here van die dinge uitgekom het nie.
 Oom Angus Buchen moes ook op ‘n stadium deur die Here se leiding van sy  program kanseleer.

As ons seker is van ons REDDING, en ons glo in Sy TEENWOORDIGHEID sal ons  vrymoedigheid toeneem om tot Hom te nader in gebed.

Ons moet bid dat die Here ons oë sal open sodat ons kan SIEN,
 WANT Hy doen die meeste wanneer ons die minste voel of fisies SIEN.

verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;  en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele” EFÉSIËRS 1:18‭-‬20 AFR53‬‬

Al raak ons hoe bang, Hy gryp ons en hou ons styf  vas in Sy hand.
“Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie,
WANT U is by my.
In u hande is ek veilig.”
PSALMS 23:4 AFR83

FOKUS OP DIE HERE SE TEENWOORDIGHEID EN NIE OP DIE VYAND SIN
Fokus op “But the Lord”
Elke storie van die kind van God het ‘n "BUT GOD" in.
Gaan lees maar weer al die verhale in die Bybel.

Mag ons ook hierna soos Job sê...
"Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê,
 maar nou het ek U self GESIEN,"
JOB 42:5 AFR83

SELF by die Here gaan hoor...

Open the eyes of my heart Lord
I want to see You!!
… But God



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”