Die mooiste "BUT GOD" verhaal ooit vertel


Die mooiste "BUT GOD" verhaal ooit vertel


Ons kan nie genoeg sekere waarhede in die Woord oor en oor bedink nie want as ons oor en oor dieselfde plekke "stap" trap dit later 'n "voetpad" in ons denke en kan ons maklik weer daardie paadjie vind waarop Jesus ons iets kosbaar van Hom of onsself geleer het.

So is dit ook waar van die feit dat elke verhaal in die Bybel
 'n "BUT GOD/MAAR GOD" storie is...

Dis veral waar van die kinders van God, maar ook van die goddelose.

 Die goddelose gaan in sy goddelose toestand voort en dink hy kom daarmee weg MAAR DIE HERE "BUT GOD" tree op 'n dag in en maak 'n einde aan sy bose planne.
So is dit ook selfs waar van die Duiwel en sy demone, daar is 'n dag bepaal waarop die Here God regverdig oor die aarde gaan oordeel en hulle in die hel gewerp gaan word.

As ons net dink aan 'n paar lewensverhale van God se kinders in die Bybel sien ons dat telkemale daar 'n " BUT GOD" in hul storie was.

Dit hét gebeur MAAR GOD/ "BUT GOD" ....


Al die klein seuntjies word doodgemaak in MOSES se lewensverhaal "BUT GOD" laat die Egiptiese prinses hom vind waar hy weggesteek is in 'n mandjie en red so sy lewe en God gebruik hom later kragtig om Sy volk uit Egipte te lei.

JOSEF word deur sy broers gevang en in 'n put gegooi "BUT GOD" gee dat daar nie water in die put was nie...
Hulle verkoop hom as slaaf "BUT GOD" gee dat hy as slaaf uitstaan in sy werk en bevorder word.
Hy word deur sy eienaar se vrou valslik beskuldig en in die tronk gegooi, "BUT GOD" gee dat die tronkbewaarder hom goed gesind is.
"Maar die Here (BUT GOD) was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis."
GÉNESIS 39:21 AFR53

Die Here gee vir hom, die uitleg van die drome van die bakker en die skinker maar hul vergeet van hom in die tronk toe hulle uitkom "BUT GOD" gee vir die koning 'n droom wat maak dat hul van Josef onthou.
Hy lê die droom vir die koning uit en word as onder koning aangestel.
As Josef dan self later oor sy lewe terugkyk as hy weer sy broers ontmoet sê hy dat sy lewe alles ten goede meegewerk het.
Hy sien self die "BUT GOD" daar agter raak as hy terugkyk daarop.

"Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.  Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.  Maar God (BUT GOD) het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ’n groot verlossing.  Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God(BUT GOD); en Hy het my ’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor sy hele huis en ’n regeerder in die hele Egipteland.
GÉNESIS 45:5‭-‬8 AFR53

En dan herhaal hy dit weer in
Genesis 50:20
"You intended to harm me, BUT GOD intended it for good
to accomplish what is now being done, the saving of many lives."

Sy broers gaan vertel 'n leuen aan hul pa en dink hul het weggekom met wat hul gedoen het "BUT GOD" laat altyd die waarheid jou inhaal en word hulle daad later ontbloot toe hul kos moes gaan koop by Josef in Egipte.

"En die aartsvaders was jaloers op Josef en het hom verkoop na Egipte toe; MAAR GOD "BUT GOD" was met hom  en het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis."
HANDELINGE 7:9‭-‬10 AFR53

Ons sien ook telkemale dat "BUT GOD" in Josef se verhaal beteken ook DAT DIE HERE HEELTYD BY HOM WAS. In die put, in die paleis, in die tronk en in Egipte. Die Bybel maak telkemale daarvan melding, selfs sy eienaar die Egiptenaar kon dit sien sê die Woord.

Nog  "BUT GOD" verhale is:

-  die Israeliete staan voor die ROOI SEE met die vyand op hul stert "BUT GOD" kloof die Rooi see oop sodat hul veilig droogvoet kon deurgaan "BUT GOD" verswelg die vyand agter hulle met dieselfde Rooisee.

"Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.   
Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees."
EXODUS 14:13‭-‬14 AFR53

"Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het."
HEBREËRS 11:29 AFR53

God kan die onmoontlike moontlik maak vir Sy kinders

DANIËL word in die leeukui gegooi "BUT GOD" stuur Sy engel en sluit die leeus se bekke

DANIËL SE VRIENDE word in die sewe maal warmer oond gegooi, "BUT GOD" IS BY HUL in die oond en het hulle niks oorgekom, selfs hul klere het nie eers na rook geruik nie en kom hul dus ongedeerd daarvan af.

In JAKOB se verhaal sê hy nadat Laban hom so ingedoen het

"maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God (BUT GOD) het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie."
GÉNESIS 31:7 AFR53

DAWID se lewensverhaal het ook oor en oor bewys "BUT GOD"
"En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestyn Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God (BUT GOD)het hom nie in sy hand oorgegee nie."
I SAMUEL 23:14 AFR53

Ook Koning JOSAFAT se verhaal

"He said, “Listen carefully, all [you people of] Judah, and you inhabitants of Jerusalem, and King Jehoshaphat. The Lord says this to you: ‘Be not afraid or dismayed at this great multitude, for the battle is not yours, BUT God’s."
2 Chronicles 20:15 AMP

Ook JONA het die "BUT GOD" in sy lewensverhaal erken

"Ek het afgesak tot waar die berge begin. Ek was afgesluit van die lewe, vasgevang in die land van die dooies. Maar U, Here my God, (BUT GOD)
het my gered uit die oop kake van die dood!"
JONA 2:6 NLV

Maar so kan ons aanhou en aanhou en sal ek saam met die skrif wou sê:

"En wat sal ek nog meer sê? (Oor al die "BUT GOD" lewensverhale in die Bybel) Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,  wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,   die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het."
HEBREËRS 11:32‭-‬34 AFR53

Wat ons wel kan weet is dat daar altyd, maar altyd 'n "BUT GOD" is

Dit sê vir ons dat geen dood, siekte, vyand, wêreld gebeure, politiek of ons omstandighede die laaste sê het nie ...
BUT GOD!!!




***

Seker die mooiste "BUT GOD" storie ooit is die lewensverhaal van Jesus self ons noem dit die EVANGELIE

Die waarheid is dat:
Niemand is goed genoeg en kan hulself red nie. Niemand kan die wet volmaak nakom nie. Almal is sondaars!!

"want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,"
ROMEINE 3:23 AFR53

"As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie."
1 JOHANNES 1:8‭-‬10 AFR83

En as ons regtig eerlik is met onsself...
Ons word in sonde ontvang en gebore, niemand is net goed nie.

"Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.   Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.  Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang."
PSALMS 51:5‭-‬7 AFR53

Óns verdien om gestraf te word, óns is skuldig voor God

_______________________________________________________________________________

WE SHOULD HAVE BEEN PUNISHED
BUT GOD
HAD A PLAN
________________________________________________________________________________

"Maar God (BUT GOD) BEWYS sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.
ROMEINE 5:8‭-‬9 AFR83

 Dankie tog vir "BUT GOD" in elke kind van God se verhaal
Deur GENADE word Sy verhaal deel van mý verhaal

"But You, O Lord,(BUT GOD) 
are a God [who protects and is] 
merciful and gracious, 
Slow to anger 
and abounding in lovingkindness and truth."
Psalms 86:15 AMP

JESUS STERF IN MÝ PLEK

"Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. Ten spyte daarvan het Hy besluit om ons VRY TE SPREEK.
 Daarom het Hy Jesus Christus gestuur om ons te kom verlos. God doen dit omdat Hy baie vir ons omgee, nie omdat ons so goed leef nie. God het Jesus soos ’n offerlam laat slag vir al ons sondes. As ons in Hom glo, tel ons verkeerde dade glad nie meer nie. God was ’n lang tyd geduldig met ons oor al ons sondes. Hy het ons nie links en regs daarvoor gestraf nie. Maar omdat God regverdig is en dit die een of ander tyd moet straf, het Hy besluit om ons sondes op Jesus Christus te laat neerkom. Daarom kan Hy nou elkeen vryspreek wat in Christus glo."
Romeine 3:23‭-‬26 DB

"(BUT GOD so loved the world)Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.   Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie."
JOHANNES 3:16‭-‬18 AFR53

"Maar God (BUT GOD), wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered —
EFÉSIËRS 2:4‭-‬5 AFR53

"en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is."
ROMEINE 3:24 AFR53

"EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes"
EFÉSIËRS 2:1 AFR53

Die goeie nuus is, Jesus het opgestaan
"BUT GOD raised Him up, releasing Him and bringing an end to the agony of death, since it was impossible for Him to be held in death’s power."
Acts 2:24 AMP

Ook bevestig Handelinge 3  dit weer vir ons

"So het julle Hom, die Leidsman na die lewe toe, doodgemaak, maar God (BUT GOD) het Hom uit die dood opgewek, en daarvan is ons getuies."
HANDELINGE 3:15 AFR83

WANNEER LAAS HET EK EN JY HIERDIE "BUT GOD" GENADE STORIE REGTIG WEER OOR GEDINK OOR, OOK OOR ONS EIE LEWE.
 God ons Vader het nie bedoel dat ons dit net met Kersfees en Paasfees moet onthou nie, nee Hy wil hê ons moet dit nooit vergeet nie en het juis die nagmaal ingestel as herinneringsmaal sodat ons heeltyd sal onthou hoe groot Sy genade oor ons was

"en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so DIKWELS as julle daaruit drink, tot my gedagtenis."
I KORINTHIËRS 11:24‭-‬25 AFR53

Nou klink ons eie storie ook anders na ons Sy kind geword het, ons stap die pad nie alleen nie. Hy is ons krag, Hy stel ons in staat.

Selfs versoeking in ons lewe het nou 'n "BUT GOD" in
"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God (BUT GOD)is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra."
I KORINTHIËRS 10:13 AFR53

Kosbare vers vir ons wat nou gered is:

“ Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees;                                                                             
   ons moet GELOOF  en LIEFDE  as BORSHARNAS dra                                                                                      en die HOOP  op VERLOSSING as HELM.

God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie,
maar (BUT GOD)om deur ons Here Jesus Christus verlos te word.
Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe.
Praat mekaar moed in
en versterk mekaar dan met hierdie woorde,
soos julle trouens reeds doen.”
1 TESSALONISENSE 5:8‭-‬11 AFR83‬

Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee ....
EFESIËRS 6:10‭-‬18 AFR83‬‬‬‬

Uit al hierdie kan ons dus met sekerheid sê

"But Jesus looked at them and said, “With people [as far as it depends on them] it is impossible, BUT with GOD all things are possible.”
Matthew 19:26 AMP

Dink vandag terug op jou eie lewensverhaal, gaan skryf dit kortliks neer en omkring elke "BUT GOD" oomblik daarvan, want die TWEEDE MOOISTE "BUT GOD" Storie ooit vertel is jou eie .
Onthou wat Hy al vir jou gedoen het, en weet Hy kan dit weer doen.


Wat seker vir ons die meeste uitstaan van ons eie storie is:
" BUT GOD WAS WITH ME"



Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”