Ek wil graag deel wees hiervan
Ek sal graag die dag wil deel wees hiervan... Ek wil jou vra om hier te lees, die Here lê dit met 'n dringendheid op my hart vandag met een dag oor tot "Its time Pta" om dit met julle te deel, vir die wat kan gaan maar dalk nog twyfel Ek wil dus met die woorde van die liedjie van Casting Crown begin I can’t call myself your friend and walk away When we love, we earn the right to speak the truth When we speak truth, we show the world we truly love I’m not pointing my finger, I’m holding out my hand Dus is dit net 'n uitnodiging. Jesus wys my gister net die wat DAARDIE DAG daar was het van die brood en vissies geëet, ons en ander het net agterna daarvan gehoor . Dit maak ons nie, nie God se kinders, maar ons het nie daarvan geeët/dit beleef. Ons ander kry wel elke dag brood op 'n ander manier, maar dis maar net om te kon deel in daardie dag sin. Hierdie skrywe is nie om jou te oordeel of te laat skuldig voel nie, maar om jou aan te spoo...