Seker een van die benoudste
 oomblikke van my lewe...

'N hele paar jaar terug sit ons op 'n kerk kamp te Lofdal in 'n diens van ds Herald Peasley.

 Sy boodskap was:
 "Jesus vra van jou volle oorgawe aan Hom."

Ek sê ek vertrou God ... maar doen ek regtig?

 Vertrou jy Hom ten volle met alles of net met party goed van jou lewe?
Sal jy vandag vir Hom jou kinders gee om mee te maak soos Hy goed dink, jou finansies ens. Dus niks noem ek my eie meer?
Hy vra toe dat ons moet opstaan as ons vandag ALLES aan Hom wil oorgee...seker een van die mees vreesaanjaendste oomblikke van ons lewe.

 Ek moet erken ek het gehuiwer...want ek het die volle impak van ons besluit besef. Sê nou maar God kom haal my kinders of vat

die werk by ons wat ons al voorheen sonder was. Sal ek Hom steeds dan kan vertrou? Binne die omstandighede? Met 'n hart wat klop in my keel het ek my plek langs my man ingeneem wat toe al reeds staan.

Maar dis in elk geval God sin en ek wil hom gehoorsaam.

Die volgende dag(steeds op die kamp) kry my man 'n oproep van sy werk. Sy afdeling maak toe en almal wat daar werk verloor hul werk.

My bene word lam onder my.
Here wat nou?

My man vat my hand en sê: "Gisteraand het ons alles vir ons Here gegee, nou is ons besig om dit by Hom terug te vat deur paniekerig te raak. Kom dan gaan gee ons dit weer vir Hom."
Ons is toe terug na die gebedskamer en gee dit biddend weer vir Hom.
Daardie dag het ons geleer dat mens maklik wanneer goed volgens ons verkeerd gaan dit by God gaan terughaal en self weer planne maak.
Maar ons probeer nou wanneer dit gebeur en ons dit besef dit maar weer vir Hom te gee.

Toe ons vir 'n vriend op die kamp vertel dat ons so pas gehoor het dat my man sy werk verloor het was sy antwoord:
"Wonderlik! Ek is so opgewonde. Ek kan nie wag om te sien waarheen God oppad is met jul."

Op daardie oomblik het ons gedink hy het sy varkies verloor. Maar vandag kyk ons met 'n glimlag terug op sy woorde en vandag verstaan ons.

God was oppad met ons na 'n beter plek. My man is 'n paar weke later 'n ander pos aangebied in 'n ander afdeling. Hy was van die enigstes wat weer werk gekry het in die maatskappy. En ons het geweet dis God wat hier oorgeneem het en voorsien het. GENADE ONVERDIEND.

Dis die moeite werd om vandag in geloof uit te stap en te sê...ek vertrou U Here met alles...en maak nie saak wat, ek sal U steeds lief hê en vertrou...en ek weet U sal my daarmee help, EN NOOIT VERLAAT NIE!

Soos in die film "Fascing the giants" toe sy sê nadat sy weereens hoor sy is nie swanger....
"I will still love You Lord"

Habakuk geloof"Al sou die vyeboom nie bot, nogtans... "

Even If
They say sometimes you win some
Sometimes you lose some
And right now, right now I'm losing bad
I've stood on this stage night after night
Reminding the broken it'll be alright
But right now, oh right now I just can't
It's easy to sing
When there's nothing to bring me down
But what will I say
When I'm held to the flame
Like I am right now
I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand
But even if You don't
My hope is You alone
They say it only takes a little faith
To move a mountain
Well good thing
A little faith is all I have, right now
But God, when You choose
To leave mountains unmovable
Oh give me the strength to be able to sing
It is well with my soul
I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand
But even if You don't
My hope is You alone
I know the sorrow, and I know the hurt
Would all go away if You'd just say the word
But even if You don't
My hope is You alone
You've been faithful, You've been good
All of my days
Jesus, I will cling to You
Come what may
‘Cause I know You're able
I know You can
I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand
But even if You don't
My hope is You alone
I know the sorrow, I know the hurt
Would all go away if You'd just say the word
But even if You don't
My hope is You alone
It is well with my soulIt is well, it is well with my soul

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”