Ek wil graag deel wees hiervan
Ek sal graag die dag wil deel wees hiervan...
Ek wil jou vra om hier te lees, die Here lê dit met 'n dringendheid op my hart vandag met een dag oor tot "Its time Pta" om dit met julle te deel, vir die wat kan gaan maar dalk nog twyfel
Ek wil dus met die woorde van die liedjie van Casting Crown begin
I can’t call myself your friend and walk away
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I’m not pointing my finger, I’m holding out my hand
Jesus wys my gister net die wat DAARDIE DAG daar was het van die brood en vissies geëet, ons en ander het net agterna daarvan gehoor. Dit maak ons nie, nie God se kinders, maar ons het nie daarvan geeët/dit beleef.
Ons ander kry wel elke dag brood op 'n ander manier, maar dis maar net om te kon deel in daardie dag sin.
Hierdie skrywe is nie om jou te oordeel of te laat skuldig voel nie, maar om jou aan te spoor as dit enigsins vir jou moontlik is om daar te wees, ons het nodig om daar te wees.
Daardie dag het Jesus 'n menigte mense gevoed met 5 broodjies en 2 vissies wat een klein naamlose seuntjie bereid was om vir Hom te gee.
Vir Saterdag 27 Oktober was Jesus se kinders bereid gewees om hul brood en vissies vir Jesus te kom gee in geloof om hierdie byeenkoms moontlik te maak. Net soos ons nie weet wat die naam is van die seuntjie nie, maar net die naam van die dissipel wat dit moes aangee, weet ons ook nie wat die name is van al die mense wat hul gawes en talente kom gee het vir oom Angus om die dag moontlik te maak sodat die res van ons met die brood van die hemel gevoed kan word.
Vanoggend skakel iemand anoniem in op radio Kansel en sê die Here het vir hom in 'n visioen gewys die brood en vissies het 'n skare van 5 duisend wat byeen was om na Jesus te luister fissies gevoed, môre word daar 5 mijoen verwag wat geestelik gevoed gaan word.
Jesus het hierdie dag voorberei om Sy kinders te voed en te versterk soos wat Hy Elia onder die besembos kom voed het...
"Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê:
“Word wakker! Eet! ANDERS SAL DIE PAD VIR JOU TE LANK WORD.”
Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God."
1 KONINGS 19:5-8 AFR83
As ons nie gaan aansit aan Sy tafel en eet en drink nie, gaan die pad vir ons te lank word...
As Elia nie gehoorsaam het, kon die pad vir hom te lank geword het en mens kan net dan wonder hoe sou sy verhaal dan verder geklink het, en geeindig het.
Ons lê ook op die oomblik onder daai besembos, besig om bang, benoud moed te verloor.
Jesus sê vir ons Word wakker kom eet!
Môre se teksvers is: WATCH AND PRAY
"Julle moet WAAK en BID, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”
MARKUS 14:38 AFR83
Die dissipels het gebid, maar weer en weer aan die slaap geraak...drie keer kry Jesus hulle aan die slaap en dit terwyl die ergste uur aangebreek het, die vyand reeds op pad was.
Jesus maak ook vir hulle wakker met die opdrag : "Waak en Bid!"
Jesus maak ons wakker nooi ons Sy kinders na sy tafel, daar is nog tyd...
want DIT IS TYD, ITS TIME, KE NAKO SOUTH-AFRICA
KOM HONGER
Here ons is honger.
Ons wil ons hand in die mandjie steek Here
Nie almal kan gaan want soms is dit net onmoontlik, dis maar net om die wat kan maar nog twyfel aan te moedig. Ons kon ook nie Kaap een bywoon. Ek weet ook daar is baie wat nie fissies daar kan wees maar wat ernstig saam gaan bid.
As jy op geen manier daar kan wees, wees dan in gees saam met ons daar. Bid saam met ons tot ons enigste Hoop Jesus Christus vir ons land en sy mense.
Die Here sal Sy brood gee aan elkeen wat dit van Hom vra.
Hy alleen versterk ons en gee ons weer hoop.
Net Hy kan help!
(Gaan lees ook hierdie post op my blog
"HULLE, JULLE WORD ONS" ons land se storie)
Comments
Post a Comment