Hulle, julle word  ONS

Saterdag 27 Oktober 2018 gaan ons beleef hoe HULLE, JULLE, ONS WORD!

ONS LAND, ONS MENSE, ONS GOD EN VERLOSSER JESUS CHRISTUS
Die Here maak van baie nasies EEN VOLK, SÝ VOLK

Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.  DAARDIE DAG SAL BAIE NASIES HULLE AAN die HERE VERBIND: HULLE SAL MY VOLK WEES, EN EK SAL IN JOU WOON, SION. 
Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het. DAAR, op die heilige grond, sal die Here weer vir Juda in besit neem as die volk wat Hom toekom, sal Hy Jerusalem weer sy woonplek maak.             Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!
SAGARIA 2:10‭-‬13 AFR83

Oom Angus het die Woord by die Here gekry….
”Can a nasion be born in a day?”

“Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word 'n land op een dag gebore, of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring? Maar Sion het skaars geboortepyne gekry of sy het haar kinders in die wêreld gebring.”
JESAJA 66:8 AFR83

Suid-Afrika se gelowiges is besig om saam terug te draai na God.

"Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
OPENBARING 5:9 AFR53

_________________________________________________________________________________
In Bloem het die Here my gewys dat daar net een ding is wat ons land sal verander, nl LIEFDE
LIEFDE TOT GOD, EN LIEFDE TOT ONS NAASTE
_________________________________________________________________________________

Om Allereers weer die koningkryk van God te soek en OMGEE vir mekaar.

Omgee wat word van die persoon  langs my. Weg te kyk van myself en my eie planne, behoeftes en seer, en ander sin raak te sien en uit te reik na mekaar.

“Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.(ons is verskillend en dit sal nie verander)
Lê julle daarop toe om die EENHEID wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf DEUR IN VREDE met MEKAAR te lewe.
 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en VADER VAN ALMAL: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.
EFESIËRS 4:1‭-‬6 AFR83

Ons is almal net ‘n puzzel stukkie van God se groter prentjie. Aan my een kant vul ek iemand anders se prentjie aan maar aan my ander kant plaas die Here iemand daar wat my weer aanvul. En dit alles tot ‘n groter doel, God se prentjie, God se eer.

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in LIEFDE.”
EFESIËRS 4:15‭-‬16 AFR83

Hoekom moet ons soms saamkom om te bid en nie net alleen in jou binnekamer verkeer nie? Sommige bevraagteken die oproep om saam te kom as volk voor die Here. Moet ons dan nie ons samekoms Sondae  in die kerk ook bevrvaagteken?

Om saam as God se volk voor Hom bymekaar te kom in gebed het ook ‘n ander voordeel behalwe vir die saam bid vir hulp.

Gelowiges bemoedig en versterk mekaar.

As ons alleen in ons stryd voel teen die bose (ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose in die lug) kan ons soos Elia moed verloor en wil opgee. Ons kruip onder ons besembos in, dieper en dieper...

 Hy het uitgeroep en die Here het hom geantwoord:
 “Ek het U met toewyding gedien, Here God Almagtig. Maar die Israeliete het die verbond met U verbreek, u altare afgebreek en al u profete doodgemaak.          Net ek alleen het oorgebly, en nou probeer hulle my ook doodmaak.
1 KONINGS 19:14‭ NLV

Voel ons nie ook soms soos Elia nie. Mense is korrup, liefhebbers van genot ipv God, liefde vir hulself ens. Ons voel ook soms alleen in hierdie tyd stryd

Maar God wys vir Elia daar het sewe duisend saam met hom oorgebly….
“Nogtans sal Ek die 7 000 in Israel laat oorbly wat nie voor Baäl gebuig en hom vereer het nie.”
1 KONINGS 19: ‬18 NLV

_________________________________________________________________________________
Dit laat die gelowige moed skep om aan te hou aan hou
TO KEEP ON KEEPING ON
_________________________________________________________________________________

Ook het dit vir Paulus na al sy ontbering vir die geloof laat moed skep
Die gelowiges in Rome het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en ander by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep.”
HANDELINGE 28:15 NLV

Uit ervaring na Bloem se gebedsbyeenkoms in 2017 het ons rondom ons gekyk en besef ons is nie alleen in hierdie stryd….mag ons ook Saterdag as ons medegelowiges om ons sien kniel voor ons Vader, God  dank en moed skep

So sê die Here: “Op die regte oomblik sal Ek jou antwoord. Op die dag wat Ek red, sal Ek jou help. Ek sal jou bewaar en jou maak tot ’n verbond met my volk om sy land te herstel en die verlate eiendom weer terug te kry
JESAJA 49:8 NLV

Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.”
HEBREËRS 12:1‭-‬3 AFR83

Wat gaan ander na die tyd hê om oor te praat

Ons het môre 27 Okt 18  by Its time 'n groot geleentheid om ander na Jesus te trek
Ek weet hierdie vers verwys na hoe Jesus sou sterf in ons plek vir óns sondes maar ook as ons Jesus verhoog word ander na Hom getrek

"En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek."
JOHANNES 12:32 AFR53

As mense Jesus wil sien dan kyk hulle na ons Sy kinders
Ons het dus 'n groot verantwoordelikheid om Jesus te verteenwoordig môre

"Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
JOHANNES 13:34‭-‬35 AFR83



 ALMAL SAL WEET  DAT  JULLE DISSIPELS VAN  MY IS, 
ÁS JULLE MEKAAR LIEFHET

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”