Op ons knieë Here voor U vir ons land en sy mense

Tot aanloop van ons SAAM BID Saterdag 27 Okt
kry ek hierdie Woord by die Here vanoggend

’n BEDEVAARTSLIED.
 Ek(ONS) slaan my(ONS) oë op na die berge: waar sal my(ONS) hulp vandaan kom? 
(VAN DONALD TRUMP, VAN ‘n ANDER POLITIEKE PARTY?)

(NEE ONS)My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.  Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie."

PSALMS 121:1‭-‬3 AFR53

Dis dan die rede hoekom ons na die Here gaan om tot Hóm te bid vir redding van siele, en vir ingryping in ons land, ons gaan nie na ‘n mens nie. Net soos Moses die volk opgeroep het om voor God te verskyn, hul het nie bymekaar gekom om voor Moses te verskyn nie.

“Kom, Sion, jy wat in Babel(godelose) woon, kom weg daar!                               (SA DRAAI TERUG NA GOD, WEG VAN DIE VERKEERDE PAD, WEG VAN OM AGTER AFGODE AAN TE LOOP VIR ONS HULP)

So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het(DIE HERE SIEN WAT AAN ONS GEDOEN WORD): WIE AAN JULLE VAT, VAT AAN MY OOGAPPEL. 

Met een waai van my hand teen hulle gaan Ek hulle die gevangenes van hulle eie slawe maak. (HY KAN INGRYP EN IN ‘n OOGWINK ALLES VERANDER WANT NIKS IS VIR HOM ONMOONTLIK NIE)

Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat die Here die Almagtige my gestuur het. (GOD SAL BEKEND WORD AAN DIE WÊRELD EN HÝ SAL DIE EER KRY. EN ONS SAL WEET DAT ONS WEET “ THIS WAS U LORD")

 Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.  DAARDIE DAG SAL BAIE NASIES HULLE AAN DIE HERE VERBIND: HULLE SAL MY VOLK  WEES, en Ek SAL IN JOU WOON, Sion (SUID-AFRIKA)
 Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het.
Daar, op DIE HEILIGE GROND, SAL DIE HERE WEER VIR JUDA IN BESIT NEEM AS DIE VOLK WAT HOM TOEKOM, sal Hy Jerusalem weer sy woonplek maak. WEES STIL VOOR DIE HERE, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!
 (AS ONS BYMEKAAR KOM OP DIE PLEK WAT HÝ GEKIES HET OM STIL IN GEBED VOOR HOM TE KOM – HY SÊ NADER TOT MY EN EK SAL TOT JULLE NADER – En HY SÊ WAAR 2 OF 3 SAAM IS DAAR IS HY)
SAGARIA 2:7‭-‬13 AFR83

Kom SA laat ons stil word voor God
Laat ons Sy koningkryk soek vir ons land, nie vir wat ons daaruit wil kry nie.
Laat ons bid dat Sý wil geskiet nie wat ons dink moet gebeur.

“Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”
MATTEUS 6:33 AFR83

Uit die Bybel in Praktyk se komentaar.




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”