Moet ons dan weer en weer bid?
Jesus is ons enigste hoop
Moet ons dan weer en weer bid?
Verseker.!!
Die Here leer ons:.
" Bid sonder ophou."
I Thess 5:17 AFR53
Elia het nie net een keer gebid nie...
"Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!” Agab het toe gaan eet en drink, maar Elia het tot op die top van Karmelberg geklim. Daar het hy met sy kop tussen sy knieë op die grond neergebuig. Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.” Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “EK SIEN NIKS NIE.”
Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” SEWE KEER het Elia hom gestuur.
Die SEWENDE KEER KOM SÊ DIE DIENAAR: “EK SIEN ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.”
Toe sê Elia: “MAAK GOU! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’” SPOEDIG was die lug donker van onweerswolke. ’n Sterk wind het ’n groot reënstorm gebring. Agab het dadelik na Jisreël toe vertrek.
1 KONINGS 18:41-45 NLV
Ons moet nie moedeloos word as ander vir ons kom sê hul sien dan nog niks gebeur as ons gebid het nie. Net soos Elia weet ons dat ons weet die Here gaan "die reën stuur"
_________________________________________________________________________________
SES KEER WAS DAAR NIKS!
EERS DIE SEWENDE KEER WAS DAAR EERS TEKEN VAN REËN
SES KEER MOES HUL OM JERIGO STAP TERWYL NIKS SIGBAAR GEBEUR...
DIE SEWENDE KEER HET DIE MURE GEVAL

As die wêreld niks sien gebeur beteken dit nie God is nie besig om ons gebede te verhoor nie.
In ons geval kan ons reeds getuig dat die Here al reeds van ons gebede verhoor het, reeds sien ons wonderwerke gebeur.
Bv. Kaapstad kry reën teen alle voorspellings in en is die damme reeds 50% vol.
Ons gaan in gehoorsaamheid aan die Here dalk nog 'n paar keer saam moet gaan bid. Die Here sal ons gebede verhoor, ons moet net bly vertrou en glo.
Die Here nooi ons om na Hom te kom wanneer ons bang en in die nood is. Gaan ons Sy uitnodiging aanneem?
Kom ons gaan bid saam tot ons Vader vir wie niks onmoontlik is nie. Elia het dit geglo en nie ophou bid nie.
Saterdag 27 Okt 2018
Net buite Pretoria op Rhino park airfield
Gaan in op iticket. Boek jou GRATIS kaartjie en roete en tyd van aankoms.
Here ons kom na U vir hulp, U alleen. Ons vertroue is net op U.
"Hy het gesê: “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n koning wat vir sy seun 'n bruilofsfees voorberei het. Hy het sy slawe uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, maar hulle wou nie kom nie. Toe stuur hy weer ander slawe met die opdrag: ‘Sê vir die genooides: Die maaltyd is reg; my beeste en vetgemaakte vee is geslag, en alles is gereed. Kom na die bruilof toe.’ “Maar die genooides het hulle nie daaraan gesteur nie, en die een het na sy stuk grond en 'n ander een na sy werkplek toe gegaan. En party het sy slawe gegryp en mishandel en doodgemaak. Die koning het kwaad geword en sy leër gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad aan die brand te steek. “Toe sê hy vir sy slawe: ‘Alles staan klaar vir die bruilofsfees, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan nou uit na die straathoeke en nooi soveel mense as wat julle teenkom, na die bruilofsfees toe.’ Toe het daardie slawe uitgegaan op die strate en almal wat hulle gekry het, bymekaargemaak, slegtes sowel as goeies. So het die feessaal vol gaste geword."
MATTEUS 22:2-10 AFR83
Of jy in vlees of gees daar kan wees, maak nie saak solank ons saam op ons knieë kom voor die Here.

Comments
Post a Comment