Posts

Bitter of beter?

Image
Bitter of beter?  Hoe wil jy opeindig?                                                          Op die ou einde, wie wil jy wees? Moenie toelaat dat die lewe of die duiwel jou verander en vorm  nie. Hy sal baie maniere kry om dit te probeer doen...hy wil ons ver van God se wil laat opeindig. Laat God toe om jou elke dag meer en meer te vorm en verander na Sý beeld. Hy die Pottebakker, ek die klei. Gaan wees lig in die duisternis, draai die  ander wang, vergewe soos Jesus ons vergewe het. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Verander jy die plek, moenie toelaat dat die plek jóú verander nie. Soos die liedjie sê "U die Pottebakker, ek die klei, vorm en maak my net soos U wil, op U bly wag ek nederig stil" " Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur so...

Uit, UIT!!!...hul moes uit

Image
Uit, UIT!!!...hul moes uit God dryf Adam en Eva uit die Paradys.. Het jy al daaroor gedink dat ons die Here daarvoor moet dank?!! Adam en Eva word uit die Paradys gedryf om hul, en ons te  BESKERM,  want sou hul van die boom van die lewe eet sou almal vir ewig in hul sonde toestand  SONDER GOD LEEF... God is liefde en maak seker dit gebeur nie en bewaak daarom die tuin. Gen3:14-24.AFR83 “ Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!”  Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.  Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.” Op Sonde volg straf! Eva....

Van AsHoop tot Hoop?

Image
En Jesaja sê ook: “Isai sal 'n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle HOOP vestig.”  Mag GOD, DIE BRON VAN HOOP, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle HOOP al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! ROMEINE 15:12‭-‬13 AFR83 Hi" He give us hope When hope is gone He give us strength When we can't go on He give us shelter In the storms of life When there's no peace in earth There is peace in Christ... Video: Claire Crosby Hoe kom mens van moed verloor op die ashoop tot Hoop ? “for every problem in life there is a promise of God . If we can learn to build our lifes on the promises of God then we will truly build a life that is UNSHAKEBLE because the p...

Reën die brandpyle van die vyand vanuit alle kante op jou neer?

Image
Reën die brandpyle van die vyand vanuit alle kante op jou neer? Ons het soveel aanvalle van die vyand beleef op verskeie gebiede dat dit gevoel het ons gaan onder al die druk en bekommernisse vou. Verwoord Dawid dalk ook jou hart vandag? “Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en weg bly!  Kyk, ek sou ver wegvlug ; ek sou vernag in die woestyn! Sela.  Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die ONSTUIMIGE WIND, teen die STORM." PSALMS 55:6‭-‬9 AFR53‬‬‬‬‬ Pasop  veral vir die sorge van die lewe. Die kind van God kyk uit vir sonde in hul lewe maar besef ons SORGE en SONDE is ewe gevaarlik as ons nie WAAKSAAM is nie…alby kan ons wegvat van God se plan met ons lewe(van jou pos wegvat) en ONS FOKUS van God self afvat. (Die golwe en wind(storm) het Petrus se fokus van JESUS afgehaal en toe versuip hy amper...genadiglik net amper) Daar is nie iemand wat kan sê dat hul geen ...

My kant, jou kant en die regte kant

Image
Het jy jouself al afgevra of daar nie dalk 'n ander kant van die muntstuk kan wees nie.. Ek het hom die voorkant van n R10 gewys En vir haar die agterkant van 'n R10 En toe hulle twee om 'n tafel laat sit en gevra: "Hoe lyk 'n R10?" Elkeen hardkoppig om sy eie prent te verduidelik het hulle daar gesit en gestry en gestry sewe dae, en sewe nagte lank All in vain- Sy kon nie vir Nelson sien nie En hy nie haar renoster nie Uiteindelik het albei uitgestorm,  woedend "Hy is verkeerd,  ek is reg" Sy het almal vertel hoe stupid hy is Dat hy nie eers weet hoe lyk 'n R10 nie En vir hulle haar kant met die renoster gewys As bewys Hy het almal vertel hoe stupid sy is Dat sy nie eers weet hoe lyk 'n R10 nie terwyl hy die prentjie van Nelson wys As bewys Sewe jaar later toe stry hulle steeds Teen daardie tyd ook oor die R20 noot en die R50 noot En uiteindelik besluit hulle moet maar skei omdat hulle uitmekaar uit geg...

Is jy nie ok nie? Dis ok...

Image
Is jy nie ok nie? Dis ok... Bevind jy jou vandag nie op ‘n lekker plek nie en is jy dalk op moedverloor se vlakte? Die goeie nuus is Jesus hang nie net uit met mense wat voorgee dat alles ok is nie. Met die Emmausgangers sien ons in Lukas 24 dat Hy juis saam met mense kom loop met somber gesigte, wat teleurgesteld en moedeloos is. “Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,…” LUKAS 24:14‭-‬15 AFR83 Jesus kom na hulle toe, kom ontmoet hul op die plek waar hulle hul bevind. Moedeloos oppad terug. Hulle was dan so seker Hy was die Messias wat sou kom, die een wat alles sou kom verander. Jesus ontmoet ook vir my en jou in ons donkerste uur van hopeloosheid. Dalk voel jy ook vandag jy was dan so seker Hy sou teen die tyd al ingegryp het en jou omstandighede verander het. Jesus daag op selfs op die onwaarskynlikste pad van jou lewe. JESUS DAAG ENIGE PLEK...

Praat jy sprinkaan?

Image
Praat jy Sprinkaan? Sprinkaan? Ja Sprinkaan(vrees) LUK6:45 “wat die hart van vol is loop die mond van oor”  Mens kan baie wys word oor iemand deur net te luister hoe en wat hy praat. Hoe Israel hulself gesien het, het hul denke en optrede bepaal….ook hoe hul gepraat het    Saam met Moses die eerste keer op die grens sien hulle hulself as SPRINKANE teen die REUSE in die Beloofde land. "Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê (gepraat): “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. ONS WAS SOOS SPRINKANE IN ONS EIE OË, en so was ons ook in hulle oë.” NUMERI 13:32‭-‬33 AFR83 -  Vanuit hulle denke oor hulself (as Sprinkane)volg hul praat  #Praat ONGELOWIG en VREES (PRAAT SPRINKAAN ) -  En ...