Posts

Ou verbond en Nuwe verbond hardloop aflos.

Image
DIS NIE WIE WEN VIR WIE NIE... Ou verbond en Nuwe verbond hardloop aflos. Het God se eerste plan dan nie gewerk nie? Daar is die Ou verbond en die Nuwe verbond in die Bybel. Die probleem kom as ons dit afsonderlik lees en nie die Woord as 'n geheel lees nie. Sonde was nie God se skuld nie, maar die mens wat geval het vir Satan se plan Tot vandag nog probeer hy dat ons in God se goedheid en plan moet twyfel. Mense kan dink dat God se ou verbond, die "OU PLAN" dus om mense die ewige lewe te gee en te red nie gewerk het nie en daarom moes Hy toe 'n "NUWE PLAN" maak en die nuwe verbond instel, wat deels waar is, maar Hy het van die begin af geweet dit gaan gebeur en was die Nuwe verbond van die begin af deel van Sy plan van redding. Nee Hy die Almagtige maak nie foute nie, en ja Sy eerste plan het volgens ons "nie gewerk" as jy dit afsonderlik beskou en dink dit was sy uitsluitlike doel daarmee nie. Maar dit was ook nooit bedoel om ...

Toets alles en behou die goeie

Image
EET ONS ALLES VIR SOETKOEK OP? Pas op vir Rottegif! Het jy jou TOETS PEN byderhand? Die Woord moedig ons heeltyd aan om alles te TOETS . "Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag DIE SKRIF ONDERSOEK om te sien of dit is soos Paulus sê ." HANDELINGE 17:11 AFR83 ________________________________________________________________________________ Waaraan toets ons alles? Aan die Woord alleen punt! ________________________________________________________________________________  Elke preek wat ons hoor, elke opinie, elke fliek, boek ens moet ons langs die Woord plaas om getoets te word of dit die waarheid is en niks anders as die waarheid. Bid daaroor! "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." JAKOBUS 1:5 AFR83 As dit wat ons met die Bybel toets VERSKIL van die Waarhe...

Ek wil graag deel wees hiervan

Image
Ek sal graag die dag wil deel wees hiervan... Ek wil jou vra om hier te lees, die Here lê dit met 'n dringendheid op my hart vandag met een dag oor tot "Its time Pta" om dit met julle te deel, vir die wat kan gaan maar dalk nog twyfel Ek wil dus met die woorde van die liedjie van Casting Crown begin I can’t call myself your friend and walk away When we love, we earn the right to speak the truth When we speak truth, we show the world we truly love I’m not pointing my finger, I’m holding out my hand Dus is dit net  'n uitnodiging.  Jesus wys my gister net  die wat DAARDIE DAG daar was het van die brood en vissies geëet, ons en ander het net agterna daarvan gehoor . Dit maak ons nie, nie God se kinders, maar ons het nie daarvan geeët/dit beleef. Ons ander kry wel elke dag brood op 'n ander manier, maar dis maar net om te kon deel in daardie dag sin. Hierdie skrywe is nie om jou te oordeel of te laat skuldig voel nie, maar om jou aan te spoo...

Hulle, julle word ONS

Image
Hulle, julle word  ONS Saterdag 27 Oktober 2018 gaan ons beleef hoe HULLE, JULLE, ONS WORD! ONS LAND, ONS MENSE, ONS GOD EN VERLOSSER JESUS CHRISTUS Die Here maak van baie nasies EEN VOLK, SÝ VOLK “ Juig, Sion , wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.  DAARDIE DAG SAL BAIE NASIES HULLE AAN die HERE VERBIND: HULLE SAL MY VOLK WEES, EN EK SAL IN JOU WOON, SION.  Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het. DAAR, op die heilige grond , sal die Here weer vir Juda in besit neem as die volk wat Hom toekom, sal Hy Jerusalem weer sy woonplek maak.              Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn! SAGARIA 2:10‭-‬13 AFR83 Oom Angus het die Woord by die Here gekry…. ”Can a nasion be born in a day?” “Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word 'n land op een dag gebore, of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring...

"ONS OË IS OP U GERIG”

Image
Nog net 3 dae oor....  Here ons kom na U toe vir hulp "ONS OË IS OP U GERIG ”  "Josafat was BANG en het BY DIE HERE HULP GESOEK. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep, en die Judeërs het BYMEKAARGEKOM om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.... Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie.   ONS OË IS OP U GERIG. ”  Die hele Juda en hulle afhanklikes, vrouens en kinders, het daar voor die Here gestaan." 2 KRONIEKE 20:3‭-‬4‭, ‬12‭-‬13 AFR83 "Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” PSALMS 50:15‬ AFR83

Op ons knieë Here voor U vir ons land en sy mense

Image
Tot aanloop van ons SAAM BID Saterdag 27 Okt kry ek hierdie Woord by die Here vanoggend ’n BEDEVAARTSLIED.  Ek(ONS) slaan my(ONS) oë op na die berge: waar sal my(ONS) hulp vandaan kom?  (VAN DONALD TRUMP, VAN ‘n ANDER POLITIEKE PARTY?) (NEE ONS)My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.  Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie." PSALMS 121:1‭-‬3 AFR53 Dis dan die rede hoekom ons na die Here gaan om tot Hóm te bid vir redding van siele, en vir ingryping in ons land, ons gaan nie na ‘n mens nie. Net soos Moses die volk opgeroep het om voor God te verskyn, hul het nie bymekaar gekom om voor Moses te verskyn nie. “Kom, Sion, jy wat in Babel(godelose) woon, kom weg daar!                                ( SA DRAAI TERUG NA GOD, WEG VAN DIE VERKEERDE PAD, WEG VAN OM AGTER AFGODE AAN TE LOOP VIR ONS HULP) So sê die Here die Almagtige wat my m...

Psalm 121... n Gebed.

Image
Psalm 121... n Gebed.  Ek kyk op na die berge in my pad. Berge wat die lewe sommer self voor my kom inrol het. Wie gaan my hand vat en my help om n ompad te kry, Here? Mense kan nie berge wegrol nie, al wil hulle ook. Mense kan nie die berg van verlang wat so swaar in n mens se hart kom lê, wegvat nie. Verlang na n geliefde wat weg is. n Pa, n Ma, n kind... Here, en mense kan ook nie die berge tussen twee mense wat lief is vir mekaar, wegvat nie. Berge van misverstand na misverstand, later opgee en laat gaan... en die berg bly, Here. Ek kyk op na die berge in my pad... Berge van bangwees en alleenwees en onseker wees. Berge van skaamwees. Wie gaan my help om n ompad te kry, Here? Mense is partykeer bang vir berge. Mens praat mos so effentjies om dit. Partykeer vat jy klippies en pak n groot glimlag op jou berg... en dan is almal bly, want jou berg is nie meer so scary nie. Ek kyk op na die berge in my pad. Wie gaan my help om verby hierdie een te kom? Ek kan nie my berg o...