Posts

Waar is God, God is daar!! Ook in Babilon.

Image
Waar was God?                                             God was dáár!! Daniel hul se realiteit was nie vir sussies nie. Daniel hul word weggevoer van hul familie, hul geloofgemeenskap, hul stad en hul kultuur na die godelose stad BABILON . In Babilon probeer die koning Daniël en sy vriende Babiloniërs maak deur hul te onderrig in die Babiloniese taal en skrif , hul name te verander en ook om te probeer om hul van hul kos te laat eet en voor hul afgode te laat buig. Ons sien dit ook vandag dat die vyand dit wat ons kinders leer op skole gebruik om hul al meer te omvorm om wêreldlinge te word. Jou NAAM is jou identiteit … Wie is ek, waar kom ek vandaan en aan wie en wat behoort ek. Dus het die koning probeer om Daniel en sy vriende van hul identiteit te stroop en te verander om in te pas en te doen soos die Babiloniërs. Daniel en sy vriende het egter nie hu...

Bid heeltyd, altyd... Moenie stop nie

Image
BID SONDER OPHOU!!!!  I Thessalonicence 5:17 AFR53 Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens ALTYD MOET AANHOU BID SONDER OM MOEDELOOS TE WORD. LUKAS 18:1 AFR83 Maar WEES WAAKSAAM EN BID ALTYDDEUR dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” LUKAS 21:36 AFR83 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan..... DOEN DIT ALLES BIDDEND en SMEEK GOD BY ELKE geleentheid deur die Gees. WEES WAAKSAAM en BID GEDURIG vir al die gelowiges. EFESIËRS 6:13‭, ‬18 AFR83 Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het n...

Wat as die trein kom...?

Image
Wat as die trein kom...? 'n Kosbare ou dame, hartsvriendin van my, Sarah vertel my die storie.... Skoolkinders wat anderkant 'n berg gebly het moes elke dag oor die berg klim om by die skool uit te kom. Soms was hulle laat dan het hulle sommer vinnig 'n kans gevat en deur die treintonnel geloop. Een dag toe hulle dit weer waag kom daar skielik 'n trein van vooraf en besef hul, dit help nie om te probeer vlug nie. Soos sy dit gestel het : "they realize they could not outrun the train" Al wat hul op daardie oomblik kon doen was om hul lywe styf  teen die rotswant te druk en so styf as moontlik vas te probeer hou aan die stukke van die rots wat uitgesteek het. So staan hul toe met hul wang styf vasgedruk teen die rotswand en klou vir al wat hul werd is terwyl die trein trok vir trok by hul verby spoed. Lam van skrik en bewerig maar veilig en ongedeerd kon hul na die tyd verder deurbeweeg tot aan die einde van die tonnel. Dis hoe dit ook is in ons...

Waarom Here?

Image
Waarom Here?  Ek is seker dat meeste van ons al in ‘n situasie was waar ons gevra het: ”WAAROM HERE!” Niemand kon egter meer daaroor gewonder het WAAROM God ons Vader slegte goed toelaat in ons lewe as Job en Habakuk. Ons mag vra waarom Here, maar die probleem kom in en beweeg ons op gevaarlike terein as ons antwoorde wil gee vir God se toelatende wil en wil besluit wie skuldig is dat dit of dat gebeur het. Ek onthou dat ons deur ‘n paar rowwe goed in ons lewe was kort na mekaar Een dag drie weke na ek self by die dood omgedraai het met breinvliesontsteking, deur ‘n fratsongeluk kap ‘n dakwaaier my 6 maande oue seuntjie se voorkop oop en terwyl ons van een hospitaal jaag na die ander omdat ons oorgeplaas is het ek daardie dag dit uitgeroep WAAROM HERE, waar was U Here kon U dit nie gekeer het nie? Toe ek praat was Hy stil soos met Job,en toe ek stil word toe praat Hy … Later toe die chirurg na ‘n uur uit die teater kom sê hy aan my of ons gesien het hoeveel GENADE ons...

Met KRAG wat ek waar kry?

Image
Met KRAG wat ek waar kry? Maar Gideon sê: "Ekskuus, Meneer, waarmee"? Gideon het reeds gehad wat hy nodig het, maar dit nie geweet... Almal wil 'n wonderwerk hê, maar niemand wil in 'n situasie wees waar hul een nodig het nie. In die ONMOONTLIKE, totaal in die minderheid situasies sien ons hoe God met bietjie baie meer kan doen as wat die wêreld met hul baie kan doen. “ Daarna het 'n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in 'n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete.  Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê:  “ DIE HERE IS BY JOU , dapper man !”   MAAR Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die...

Mý plan teenoor God se plan

Image
Mý plan teenoor God se plan Wat ek sou dink moet gebeur is nie altyd wat God weet moet gebeur nie.  " My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;   soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.  Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.  So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het ." JESAJA 55:8‭-‬11 AFR83 Jesus se kruispad was nie Petrus se plan nie, maar dit was God se plan. Petrus se plan probeer Een persoon red. God se plan sterf Een persoon sodat baie gered kan word. Josef moes deur sy broers  in 'n put gegooi word, as slaaf verkoop word...