Posts

Ouerskap is nie vir sussies nie!!

Image
Dis ‘n ma(ouer) ding… Ouerskap is nie vir sussies nie!! Maria was ANGSBEVANGE toe sy agterkom Jesus was weg “En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het. Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom……  NA DRIE DAE het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” LUKAS 2:43‭, ‬45‭-‬48 AFR83‬‬ Na 3 minute sou ek al van my kop af wou raak wat nog te sê 3dae. Jesus vra haar nie hoekom sy dan so bekommerd was nie, maar net hoekom hul Hom sou soek. Hy het gedink in sy kinderlike onskuld dat hul mos geweet het Hy sal wees waar Sy hemelse Vader hom wou hê. Vir ons kinder...

Een verdraaide woord kan maak of breek

Image
Een verdraaide woord kan maak of breek n verdraaide woord kan maak of breek Sjoe met EEN verkeerde WOORD kan die boodskap verlore gaan. "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n JONG VROU  sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. JESAJA 7:14 AFR83 Teenoor die regte vertaling van die vers... " Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die MAAGD sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem. JESAJA 7:14 AFR53 " Therefore the Lord Himself will give you a sign: Behold, the VIRGIN shall conceive and bear a Son, and shall call His name Immanuel." Isaiah 7:14 NKJV As ons lees MAAGD is daar geen twyfel van wie Jesaja hier praat nl. Jesus die Seun van God. Reeds in die ou testament is Jesus se koms voorspel. Vir hulle was die teken 'n MAAGD sal' n seun in die wêreld bring (die menslik onmoontlike -  maar "... geen ding sal by God onmoontlik wees nie" L...

Die Vyfde Evangelie vir baie die vertrekpunt

Image
Is daar 5 Evangelies...?  Die Ierse Evangelis, Gypsy Smith, het een keer gesê: "Daar is vyf Evangelies - Matteus, Markus, Lukas, Johannes en die Christen, sommige mense sal nooit die eerste vier lees nie." In baie gevalle word die Christen vóór die Bybel gelees. Die boodskap word gesien voordat dit gehoor word. - uit Juig - skrywer Ravi Zacharias “ Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” MATTEUS 5:14‭-‬16 AFR83 Woorde wek, maar dade strek... Wat LEES die wêreld as hulle na ons kyk? Sou dit my en jou kon oortuig het om te glo? Getuig ons lewens van die onsettende genade wat ons gekry het? Ons kan alles in plek hê, maar as die woord LIEFD...

Ou verbond en Nuwe verbond hardloop aflos.

Image
DIS NIE WIE WEN VIR WIE NIE... Ou verbond en Nuwe verbond hardloop aflos. Het God se eerste plan dan nie gewerk nie? Daar is die Ou verbond en die Nuwe verbond in die Bybel. Die probleem kom as ons dit afsonderlik lees en nie die Woord as 'n geheel lees nie. Sonde was nie God se skuld nie, maar die mens wat geval het vir Satan se plan Tot vandag nog probeer hy dat ons in God se goedheid en plan moet twyfel. Mense kan dink dat God se ou verbond, die "OU PLAN" dus om mense die ewige lewe te gee en te red nie gewerk het nie en daarom moes Hy toe 'n "NUWE PLAN" maak en die nuwe verbond instel, wat deels waar is, maar Hy het van die begin af geweet dit gaan gebeur en was die Nuwe verbond van die begin af deel van Sy plan van redding. Nee Hy die Almagtige maak nie foute nie, en ja Sy eerste plan het volgens ons "nie gewerk" as jy dit afsonderlik beskou en dink dit was sy uitsluitlike doel daarmee nie. Maar dit was ook nooit bedoel om ...

Toets alles en behou die goeie

Image
EET ONS ALLES VIR SOETKOEK OP? Pas op vir Rottegif! Het jy jou TOETS PEN byderhand? Die Woord moedig ons heeltyd aan om alles te TOETS . "Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag DIE SKRIF ONDERSOEK om te sien of dit is soos Paulus sê ." HANDELINGE 17:11 AFR83 ________________________________________________________________________________ Waaraan toets ons alles? Aan die Woord alleen punt! ________________________________________________________________________________  Elke preek wat ons hoor, elke opinie, elke fliek, boek ens moet ons langs die Woord plaas om getoets te word of dit die waarheid is en niks anders as die waarheid. Bid daaroor! "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." JAKOBUS 1:5 AFR83 As dit wat ons met die Bybel toets VERSKIL van die Waarhe...

Ek wil graag deel wees hiervan

Image
Ek sal graag die dag wil deel wees hiervan... Ek wil jou vra om hier te lees, die Here lê dit met 'n dringendheid op my hart vandag met een dag oor tot "Its time Pta" om dit met julle te deel, vir die wat kan gaan maar dalk nog twyfel Ek wil dus met die woorde van die liedjie van Casting Crown begin I can’t call myself your friend and walk away When we love, we earn the right to speak the truth When we speak truth, we show the world we truly love I’m not pointing my finger, I’m holding out my hand Dus is dit net  'n uitnodiging.  Jesus wys my gister net  die wat DAARDIE DAG daar was het van die brood en vissies geëet, ons en ander het net agterna daarvan gehoor . Dit maak ons nie, nie God se kinders, maar ons het nie daarvan geeët/dit beleef. Ons ander kry wel elke dag brood op 'n ander manier, maar dis maar net om te kon deel in daardie dag sin. Hierdie skrywe is nie om jou te oordeel of te laat skuldig voel nie, maar om jou aan te spoo...

Hulle, julle word ONS

Image
Hulle, julle word  ONS Saterdag 27 Oktober 2018 gaan ons beleef hoe HULLE, JULLE, ONS WORD! ONS LAND, ONS MENSE, ONS GOD EN VERLOSSER JESUS CHRISTUS Die Here maak van baie nasies EEN VOLK, SÝ VOLK “ Juig, Sion , wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.  DAARDIE DAG SAL BAIE NASIES HULLE AAN die HERE VERBIND: HULLE SAL MY VOLK WEES, EN EK SAL IN JOU WOON, SION.  Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het. DAAR, op die heilige grond , sal die Here weer vir Juda in besit neem as die volk wat Hom toekom, sal Hy Jerusalem weer sy woonplek maak.              Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn! SAGARIA 2:10‭-‬13 AFR83 Oom Angus het die Woord by die Here gekry…. ”Can a nasion be born in a day?” “Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word 'n land op een dag gebore, of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring...