Ouerskap is nie vir sussies nie!!
Dis ‘n ma(ouer) ding… Ouerskap is nie vir sussies nie!! Maria was ANGSBEVANGE toe sy agterkom Jesus was weg “En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het. Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom…… NA DRIE DAE het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” LUKAS 2:43, 45-48 AFR83 Na 3 minute sou ek al van my kop af wou raak wat nog te sê 3dae. Jesus vra haar nie hoekom sy dan so bekommerd was nie, maar net hoekom hul Hom sou soek. Hy het gedink in sy kinderlike onskuld dat hul mos geweet het Hy sal wees waar Sy hemelse Vader hom wou hê. Vir ons kinder...