Net die toue het gebrand....



Net die toue het gebrand...
die vyand kon niks aan hul doen

Daar was ‘n tyd in ons lewe wat die een golf na die ander oor ons gegaan het en ons later daarvan wou verdrink…

Vir Sadrag, Mesag en Abednego, Daniël se vriende moes dit ook so gevoel het, veral toe die koning die opdrag gee dat die vuur 7x warmer gemaak moes word.

… ek loop toe hierdie verhaal raak en toe verstaan ek meer van God se doel en van Sy groter prentjie oor BEPROEWINGS/ SWAARKRY in ons lewe, dis Sy pad van Heiligmaking, Hy is besig om Sy bruid te klee en gereed te maak vir Sy koms.

Maleagie 3:2-3”…Hy is soos die vuur van die smelters, en soos die seep van die wassers.  Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te SUIWER, om hulle te louter soos goud en silwer, SODAT hulle aan die Here ‘n offer kan bring wat bestaan uit regdoen. 
Dan sal die offer…weer aanneemlik wees vir die Here.”

Daar was ‘n jong vrou wat deur baie beproewings in haar lewe moes worstel en wat later net nie meer kon verstaan waarom sy deur al die dinge moes gaan nie en hoekom die Here dit nie gekeer het nie. Sy noem dit toe ook eendag aan haar pa.
 Haar pa het op sy rustige manier vir haar geglimlag en toe iets vreemds voorgestel.
Hy’t voorgestel dat sy Mal 3:2-3 moet gaan lees en dan ‘n Silwersmit moet gaan besoek en hom vra wat hy doen. Die versoek was vir haar vreemd, maar sy was desperaat en het besluit om tog te gaan.

 Sy het die silwersmit gevra om vir haar te verduidelik wat hy doen terwyl sy hom dopgehou het terwyl hy werk. Hy verduidelik dat hy die silwer in die oop vlam moet hou om dit te suiwer van alle onsuiwerhede sodat later net suiwer silwer oorbly. Om dit reg te kry moes hy die silwer in die warmste deel van die vlam hou.
Sy onthou van die vers in Maleagie wat haar pa wou hê dat sy moes lees, en sy besef God laat ook soms toe dat ons in moeilike omstandighede kom wat vir ons ook onaangenaam is en seermaak. 
Die silwersmit gaan toe verder en verduidelik dat hy die heeltyd daar moet sit, die lepel waarin die silwer was vashou in sy hand en sy oog nie een oomblik daarvan afhaal nie, want hy moet dit op presies die regte oomblik uit die oond verwyder as die silwer reg is. As hy dit ‘n oomblik te lank in die oond hou sal dit die silwer vernietig.
Sy besef toe verder dat al sou die Here slegte dinge in ons lewe toelaat Hy ons nie vir ‘n enkele sekonde alleen laat nie, ons heeltyd in Sy hand hou, ons is dus heeltyd onder sy wakende oog. En al sou dit nie vir ons so voel nie, Hy weet wat Hy doen en Hy is heeltyd in beheer.

Vir ‘n oomblik oorweldig is daar ‘n kort stilte.

Sy vra toe:’’maar hoe weet u wanneer die silwer suiwer is?’’ 
En hy antwoord: ‘’wanneer ek my beeld daarin kan sien”. 

Toe verstaan sy wat haar pa haar wou leer. God laat die dinge in haar lewe toe om haar te suiwer, te verander om meer soos Jesus te word.
Ons moet dus nie vergeet nie, GOD IS IN BEHEER, ons is in sy hand en Hy hou oor ons waak. Hy laat alles ten goede meewerk vir die wat op Hom vertrou en Hom liefhet.(Rom8:28) Maak nie saak wat ons deurmaak nie, in die Here se hand sal ons beter, meer bruikbaar eindig met ‘n lewe wat nie meer oor myself en my koningkryk gaan nie, maar oor Hom en Sy koningkryk.
So word alle onsuiwerhede weggebrand en berei ons daarop voor om ons bruidegom Christus te ontmoet.




Josef het dan ook na sy beproewing kon sê:
"As for you, you meant to harm me, but God intended it for a good purpose, so he could preserve the lives of many people, as you can see this day."
Genesis 50:20 NET

Ook in Daniël se vriende se verhaal het die Here dit ten goede laat meewerk en buig baie voor die ware God.

Die duiwel kan die omstandighede warmer en warmer maak vir God se kinders om hulle leed te probeer aan doen, maar ons sien uit hulle verhaal hul hare het nie eens geskroei nie en hul klere het nie eers na rook geruik nie.

Al wat die vuur wel kon brand,
was die toue waarmee hulle VASGEBIND was. 
Net soos die silwer gelouter en gesuiwer word deur die vuur, 
maak die vuur hulle los van dit wat hul vasgehou het.

Die vuur in ons lewe kan die Here gebruik om ons te suiwer, maar dit maak ons ook los van alles waarmee die Satan ons vasbind,
nl. sonde, angs, vrees, afgode waarop ons vertrou, bekommernisse, leuens, verslawings, woede, onvergifnis, verwerping, skaamte, armoede, depressie,
Hoogmoed ens.
 Enige iets wat ons vasbind en in tronke hou.
Die luislang draai hom om ons en hou ons vas in Sy greep.
 Jesus het gekom om ons vry te koop, vry te maak van alles wat ons vashou.


Waarmee bind die Satan ons vas?
_________________________________________________________________________________Die vuur wat die vyand wou gebruik om ons mee te vernietig,
 gebruik die Here om ons mee te suiwer en vry te maak
_________________________________________________________________________________


"God het ons dan nou VRYgespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek EGTHEID VAN GELOOF, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het"
ROMEINE 5:1‭-‬5 AFR83

Beproewing en swaarkry kweek dus suiwer en egte geloof

As ons na die EIENSKAPPE van silwer kyk,  maak dit  God se beeld van die Silwersmit vir ons verder duidelik en verstaan ons beproewing as deel van die suiwerings proses beter

1. Silwer is SUIWER
- Suiwer beteken in die wetenskap – nie gemeng met ander stowwe
- Dus heilig en afgesonder vir die Here.
- Nie een voet in die wereld en een by die Here nie”.(Matt 6:24)
- Om God alleen te dien…geen afgode hê
 Deut 6:14-15 geen afgode, eis onverdeelde trou

2. Silwer het HOOGSTE GELEIDINGSVERMOë van alle elemente
-  ons moet soos leivore wees wat dit wat ons van die Here kry na ander begelei  nl. LIEFDE, genade, vergifnis en die goeie nuus van die evangelie. Matt28:19”Gaan dan na al die nasies en maak die mense my dissipels…”
- “Van Bo na binne na buite” – Gustav Gouws
- Strome lewende water moet deur ons VLOEI…nie in ons opdam nie.
Joh 7:38”met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei

3. Hoogste ELEKTRIESE geleidingsvermoë
- Gelei sy goeie nuus na die nasies – maar om dit te kan doen moet jy ingeprop wees by die Kragbron want silwer is nie self die bron nie, dit gelei dit net.
- Dus gaan dit nooit oor hoe wow die silwer is nie
- Joh15 – “wie in My bly dra veel vrug
- Blokkasies(sonde en ander goed wat jou vasbind) vat jou vrymoedigheid weg…hoe suiwerder hoe beter vloei dit

4.  Dis 'n EDELMETAAL
- Ons is ook edel – Koningskinders – van adelike afkoms – God se kinders
1Joh3:1-2” kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook…geliefdes ons is nou reeds kinders Van God…”
Joh 1:12”maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God genoem te word”
- God is ons Vader en Jesus ons broer.
 Rom 8: 29 “ Die wat Hy lank tevore verkies het , het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is

5.  Is as BETAALMIDDEL gebruik
Jesus is die suiwerste "Silwer" Hy het geen sonde gedoen.
Jesus was die betaalmiddel waarmee God óns losgekoop het.
1 kor 6:20 “julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik”.

God het ons as Sy eiendom gekoop deur Sy Seun Jesus in ons plek te laat betaal vir ons sonde
 Joh 3:16”want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie.
Jes 53:6 “Ons het almal gedwaal soos skape,
              ons het elkeen sy eie pad geloop maar die Here het ons almal se sonde                     op Hom laat afkom.”

6.  Dit het baie GEBRUIKE
- Bv. Spiëels, fotografiese films, geleiers
- Dus suiwer die Here ons ook sodat Hy ons kan gebruik op verskillende maniere en plekke om vir Hom ‘n verskil te maak in die wêreld.
1 Kor 7:7 “…Maar elkeen het van God sy besondere gawe ontvang, die een dit en die ander ietrs anders”
- Ons hoef nie jaloers of minderwaardig te voel teenoor mekaar.
Ons moet nie ons gawes vergelyk nie.
God besluit daaroor en gee dit na Sy wysheid.

7. ONTSMETTINGSMIDDEL
-   silwer se antimikrobiese werking maak dat dit gebruik kan word in silwerverbindings as ontsmettingsmiddel
- Die Woord sê ook dat ons moet sout en Lig wees in die wêreld
- Sout ontsmet en werk verderf teë…
- Lig verdryf die duisternis
Matt 5:13-16”Julle is die sout…Julle is die lig vir die wêreld…”

8.  WITSTE metaal – hoe suiwerder, hoe witter.
- Ons is die bruid van Christus -  ons word gesuiwer dat ons spierwit voor Hom sal kan staan.
Openb 19: 7-9” …Bruilof van Lam het aangebreek en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. God het haar dit vergun om fyn helder blink klere aan te trek. Hierdie klere is die regverdige dade van die gelowiges”
Openb 7:13-14 “ …Dit is die wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam”
Sout en Lig – is ook alby wit – toeval?
- Jesus sê dat al was ons skarlakenrooi, Hy sal ons wit maak soos sneeu. (Jes 1:18)

9. Dis SMEEBAAR EN PLETBAAR
- Hoe suiwerder hoe meer kan dit GEVORM word tot  iets kosbaar en bruikbaar
- Hy die Pottebakker, ek die klei dui ook hierop…Jer 18
- Beproewing kan ons ook soms voorberei vir ‘n taak…soos Dawid eers die leeu en die beer moes verslaan voordat hy gereed was om Goliat aan te durf
- Kosbaar en bruikbaar se resultaat is alby om Hom te verheerlik deur meer en meer te word soos Jesus
ROM8:29” die wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê waarvan Hy die eerste is”

10.  Silwer is BAIE STERK
- Baie sterk, breek nie maklik…MAAR NIE DEUR EIE KRAG NIE, MAAR DEUR CHRISTUS SE KRAG
Fil 4:13”ek is tot alles in staat deur Hom wat vir My die krag gee”
- Kan baie verduur dus…want die kind van God gaan deur baie vervolging moet gaan
Efes 3:20”Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om meer te doen as wat ons kan bid of dink
Ons kry ons krag by Hom.
Ons kry ons krag by Hom

"Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."
EFESIËRS 6:10‭-‬11 AFR83

11. Kan tot hoë GLANS gepoleer word
- Polering is pynlik en ongemaklik – maar die eindresultaat is wow
- Agv jou hoë glans staan jy uit in die wêreld en verheerlik jy God en kry jy nie die eer nie.
- Jesus is besig om jou eie ek af te poleer totdat Hy net Sy beeld in jou kan sien.
- Sodat Sy beeld na ander kan weerkaats en hul na Hom aangetrek kan word omdat jy iets het wat hul nie het nie…hul sien Jesus in jou…Jy is sy beelddraer…soos ‘n kind wat na sy aardse pa lyk en selfde karaktertrekke het.
- Dien ook as ‘n spieël waarin ander hul eie lewe kan spieël ...want jou lewe is dalk die enigste Bybel wat hul ooit sal lees.
 Matt 5:16” Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is verheerlik

12. Het die HOOGSTE WEERKAATSINGSVERMOë
- Onsuiwerhede maak dit dof en verhoed dit
- Weerkaats Jesus na ander, hoe suiwerder hoe meer kan jy
2Kor 3:18” die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”….die Silwersmit…” ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word”Afr83

13. FOTOSENSITIEF
- Bekend vir hul vermoë om latente beeld vas te lê vir latere chemiese ontwikkeling
- Dus meer en meer te word soos Hy…Sy beeld word al meer vasgelê hoe meer jy met Hom te doen het.
- Lig is egter nodig om ‘n foto vas te kan lê … Jesus is die LIG!!
- God se oorspronklike doel hoekom Hy die mens geskape het vind ons in Gen1:26-27” toe het God gesê: ‘kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld,…God het die mens geskep Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hul geskep

Hierdie  beeld het egter skade gekry met die sondeval (duisternis)en moes herstel word

HOE?
...deur die proses van heiligmaking WAT BEGIN met dat jy Jesus aanneem as jou Saligmaker en dan gehoorsaam aan Hom lewe deur in Hom te bly en veel vrug te dra.

14. Silwer IS STABIEL in suiwer lug en suiwer water
 MAAR dit vlek as dit aan onsuiwer lug en water blootgestel word veral wat osoon of waterstofsulfied bevat.
Jer 2:22”Al sou jy jou was met loog, of met hoe baie seep, Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God”
…ek kan dus myself nie red deur wat ek probeer doen nie
…ek moet God toelaat om my te reinig deur die bloed van Sy Seun en deur Hom te gehoorsaam al kos dit my.
- Blootstelling aan die besoedelde wêreld vlek my as silwer en maak dit my onbruikbaar waardeloos en dus weggooisilwer…ons mag dus nie gelyk word met die wêreld nie.
1 Petr 1:13-16 “…as gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee soos wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle lewenswandel heilig wees. Daar staan imers geskrywe, wees heilig want Ek is heilig.

15. As dit meng met salpetersuur en etanol word dit gebruik as ‘PLOFSTOF in slagdoppies.
- Suiwer evangelie meng met menslike tradisies – Jesus plus – veroorsaak verdeeldheid en rusie onder gelowiges...plofbare situasies.
- Dus verwoes onsuiwer silwer.
- Moslems geloof is ‘n voorbeeld van ‘n vermenging van die evangelie met ander gelowe en tradisies.
- In die getuienis van die Chinese christen martelaar Brother Young sê hy dat toe hul net die Bybel gehad het was hulle as vervolde Christene eensgesind…maar toe die Westerse Wêreld wat vir hul Bybels ingesmokkel het, elk hul “kerk” se boekies by ingesit het was daar onmiddelik verdeeldheid onder hul.

16.  Dis GIFTIG
 Suiwer silwer is nie giftig nie maar wel sekere silwersoute (weer vermenging)
- Suiwer evangelie lei tot die Ewige lewe
- Gemengde en onsuiwer silwer lei tot die dood –bring verwarring en is volgens God se Woord weggooi silwer
 Jer 6:29-30“ Die blaasbalk blaas,maar die vuur kry nie die lood afgeskei nie; die smelter smelt verniet, hy kry die afvalstowwe nie uitgesmelt nie.30 Hulle bly weggooisilwer; dit is wat hulle genoem word, want die Here het hulle verwerp.”

Later het ek die voorreg om ‘n tannie van 91jaar tydens ons hospitaalbesoeke te ontmoet, haar naam is Elise. Hierdie mensie, oud en sieklik was ten volle helder van verstand en in die rukkie wat ons gesels ontdek ek in haar innerlike die mooiste mens wat ek nog ontmoet het. Tevrede, dankbaar, nederig en diep afhanklik van haar Verlosser. En dis of die Here in my hart vir my herinner aan die verhaal hierbo wat ek lank terug gelees het.     Hy sê vir my:’’ sy is die voorbeeld van iemand wat My toegelaat het om haar te suiwer soos silwer deur wat sy al moes deurmaak en is sy nie pragtig nie.” Sy het toegelaat dat Jesus haar “aantrek” vir die dag as Hy haar kom haal. Sy sou moontlik nie weer uit die hospitaal ontslaan word nie, maar ek weet sy was meer as gereed om haar Jesus te ontmoet…
Hy die Pottebakker, met my die klei, vorm en maak my net soos U wil, op U bly wag ek nederig en stil.” oorgegee in Sy hand. Sy wil, nie meer my wil.

En ek bid: ‘Here, mag ek nie meer teëstribbel, kerm en kla as U aan my vorm nie, en mag ek op 91jr as U my sou spaar so ‘n lieflike geur en voorbeeld wees vir almal wat my teëkom soos tannie Elise’.
Dus vat die Here ons die dag met ons wedergeboorte net soos ons is, maar Hy los ons nie soos ons is nie.
Hy stap met ons die pad van heiligmaking wat ons hele lewe duur. Ek moet die Heilige Gees hier toelaat om my te vorm en voorberei sodat ek Sy beeld kan weerkaats –  heilig en oorgegee aan Sy wil.
Jesus is besig om sy bruid gereed te maak (wit en rein te beklee)…gee dus oor aan die Silwersmit om jou gereed te maak vir Sy koms!
1Petr1:15-16”…soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: Wees heilig, want Ek is heilig.”
En 1Tes3:13”So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen.”
Nie TOT redding nie, maar AGV redding!!!

Die bruid begin werk aan haar rok nadat sy vir haar bruidegom ja gesê het en kan nie wag dat hy haar moet kom haal vir die bruilog nie…sy bly gereed op hom wag
Efes 4:24 “Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskape is”
 Dus kan ek nie sê dis nou maar soos ek is nie. Hoekom sal die Here Homself die Silwermit en die Pottebakker noem wat besig is om te verander en te vorm aan die oorspronklike as ek mag bly net soos ek is.
Hy’t ook vir die vrou gesê wat hul wou stenig oor owerspel: ’’gaan en sondig nie meer nie.”
 1 Petr 2:16”Julle is vry, maar moenie julle Vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien”
Die toue het afgebrand waarmee Satan my vasgebind het, maar nou moet ek saam Hom wandel ten spyte van die vuur waarin ek my dalk mag bevind.

1 Joh3:6”Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie. Liewe kinders moenie dat iemand julle mislei nie:wie regverdig lewe , is regverdig soos Hy regverdig is; wie aanhou sonde doen, behoort aan die duwiel want die duiwel hou van die begin af aan met sondig…” (opsetlike sonde)
My gesindheid moet wees om meer en meer soos Jesus te word en Hom toelaat om af te kap aan my lewe wat Hom nie eer nie…nie verskonings daarvoor maak nie en nie verwag ek moet met my sonde en al aanvaar word nie. Maar herken,erken en bely.

 Dit moet vir my ‘n stryd ten bloede word, ‘n saak van erns om meer te word soos Hy, maar Hebr 12:4-7 sê:”Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word:  My kinders, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie, en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem. Verdra die tug as opvoeding van God, want God behandel julle as sy kinders…” …dis die suiweringsproses

1Joh 1:9” maar as ons ons sonde bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”….suiwer ons soos silwer!

God se doel is om ons tot geestelike volwassenheid te bring (Kol1:28), om gelykvormig te word aan die beeld van Christus en net die Heilige Gees kan dit bewerk as ek aan Hom OORGEE en Hom gehoorsaam sodat Hy ons kan vorm en louter. Op gehoorsaamheid volg daar altyd seën…ons sal altyd die vrug pluk wat op gehoorsaamheid volg maar onthou hierdie vrugte vat tyd om te vorm en ryp te word…hou goeie moed
 Ps27:14 “Vertrou(wag) op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou(wag) op die Here!”

Oorwinning gaan altyd gepaart met stryd.
God se vuur bring ‘n sterwe aan my eie-ek en sorg vir heiligmakiing.
 Dit moet word soos die Woord sê: “’Ek leef nie meer nie, maar Christus in my” Ek moet van die troon afkom sodat Hy op die troon van my lewe kan kom. Alles wat ek oorgee maak Hy heilig. Dit laat jou groei en vrug dra wat by jou bekering pas.

Die Here gee nie moed op en probeer sy bes om die silwer te suiwer maar ons het die keuse of ons Hom toelaat om deur Sy Gees dit te doen, dus gehoorsaam ons Hom of staan ons Hom teë?
1Petr 1:6-7 “Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud(silwer), goud wat vergaan. Selfs die SUIWERHEID van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die Wederkoms van Jesus.” …Sy Bruid maak haar gereed sodat Sy in wit gekleë voor Hom sal staan

God gebruik ons swaarkry in hierdie wêreld en satan se brandpyle wat hy op ons afskiet as beproewing. Ons is vir God kosbaarder as goud en silwer en daarom toets Hy ons geloof. Beproewing is deel van die suiweringsproses.
Daar is dus egte en valse geloof!
So leer ons ook volhard…egte geloof volhard…onegte geloof gee op langs die pad.
Jesus sê dit ook vir ons in die gelykenis van die saaier. Die oombllik toe die probleme kom toe verstik dit die goeie saad. “when the going gets tuff, the tuff gets going”
So word alle onsuiwerhede weggebrand en word ons daarop voorberei om Christus te ontmoet.

Maar ongelukkig party “Silwer” bly weggooi silwer hul laat nie toe dat die Silwersmit hul suiwer nie.
Jer 6:27-30 “ Ek stel jou aan om My volk te toets, Ek maak jou sterk, ondersoek en toets wat hulle doen. Hulle is almal hardkoppige rebelle, hard soos brons en yster; hulle loop mekaar en beswadder, hulle is almal korrup. Die blaasbalk blaas, maar die vuur kry nie die lood afgeskei nie; die smelter smelt verniet, hy kry die afvalstowwe nie uitgesmelt nie. HULLE BLY WEGGOOI SILWER dit is wat hulle genoem word, want die Here het hul verwerp”

Dieselfde kookwater wat die eier hard kook maak die aartappel sag.
Dus is dit nie die omstandighede se skuld nie…
Selfde vlamme, selfde blaasbalk, selfde Silwersmit

Maar party laat nie toe dat die Here hulle suiwer nie en word hard en verbitterd agv hul omstandighede…
Die ME, MYSELF AND I word net groter en bly dit by dat mý wil geskiet laat mý koningkryk kom. What about me? Arme ekke....
 As ons nou ook na die reaksie van mense in die "lock down" periode kyk en gedurende die Corona virus epidemie sal mens dink dat almal nou op hul knieë sal wees, maar ongelukkig nie...

Ander gee ten volle oor aan die Here en begin God se plan met hul lewe raaksien…
Die ME, MYSELF AND I word elke dag minder en Hy word meer!!

"Hy moet meer word, maar ek minder."
JOHANNES 3:30 AFR53

Dit word laat U wil geskiet, laat U koningkryk kom.
En Sy koningkryk gaan kom…!!!






Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”